Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ooievaar vlieg 112 keer Vrystaat toe op Kersdag

Die ooievaar was op Kersdag bedrywig in hospitale in die Vrystaat met 112 babas wat in die provinsie “afgelewer” is.

Maqachu
Die Maqachu-egpaar, Tshepo en Zanele, met hul “klein wonderwerk”, Kano, wat haar verskyning omstreeks 11:22 op Kersdag in die Bloemfontein Mediclinic gemaak het. Foto: Kaydene Davids

Bonny Sehularo, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, sê 47 meisies en 65 seuns het van middernag op Kersdag tot ’n minuut voor middernag op Welwillendheidsdag hul opwagting in die Vrystaat gemaak.

Montseng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, het op Kersdag verskeie hospitale in Bloemfontein besoek om ouers en hul babas te ontmoet.

Die eerste Kersbaba, Olerato Unathi Christina Dolo, het presies om 24:00 haar verskyning gemaak toe haar ma, Malefa Dolo, in die kliniek van Mangaung en die Universiteit van die Vrystaat se gemeenskapvennootskapsprogram (MUCPP) geboorte gegee het. Olerato het 3,2 kg met haar geboorte geweeg. 

Mojabeng Mpitsi se babadogter van 3,64 kg het ’n minuut voor middernag op Welwillendheidsdag haar verskyning in die Bongani-hospitaal in Welkom gemaak.

Kano Maqachu is die enigste baba wat op Kersdag in die Bloemfontein Mediclinic gebore is.

Sy het omstreeks 11:22 haar verskyning gemaak, het 3,22 kg geweeg en is 49,5 cm lank. Haar naam beteken “gelofte”.

Zanele Maqachu (35), haar ma, sê hulle het haar eers op 30 Desember verwag. “Sy was haastig om saam met ons Kersfees te vier. Sy is ’n spesiale baba, ’n regte wonderwerk.”

Dit is Maqachu en haar man, Tshepo, se tweede kind.

Die Maqachu-egpaar het ook ’n dogter, Kemelo (5).

Zanele Maqachu en haar grootste “Kersgeskenk”, Kano, saam met suster Marette Nel, eenheidsbestuurder by die kraamsaal by die Bloemfontein Mediclinic. Foto: Kaydene Davids

Meer oor:  Vrystaat  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.