Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Oom' ry kleuter op Pretoria-kleinhoewe dood

’n Kind van 18 maande oud is Maandagmiddag op ’n kleinhoewe in Kameeldrift-Oos buite Pretoria doodgery.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die kind het onder die wiele van ’n bakkie beland. Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

’n Huurder van ’n buitegebou op die hoewe, wat volgens nooddienspersoneel op die toneel die oom van die kind is, was glo agter die stuur van die bakkie.

“Die polisie het ’n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak nadat ’n 18 maande oue babaseuntjie omstreeks 17:30 in Kameeldrift omgery is. Daar word beweer die bestuurder van ’n Ford Ranger-bakkie, wat een van die huurders van ’n blok kamers op die hoewe is, by die perseel aangekom het toe hy oor die kind gery het.”

Masondo sê die kind is op die toneel dood verklaar.

Nevea Maritz, woordvoerder van die nooddiens Life Support 24/7, wat op die toneel was, sê die seuntjie het buite gespeel terwyl die ma in die huis was.

“Dit blyk dat die kind se oom nie die kind gesien het nie en oor hom gery het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.