Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OOMBLIK: Tafelberg brand

Oomblik is die fotojoernalistieke blog van Netwerk24 met van die beste en interessantste visuele en multimediaberiggewing van fotograwe en videograwe

Die brand wat Woensdag teen die hange van Karbonkelberg by Oudekraal naby Kampsbraai uitgebreek het, is nog nie in bedwang gebring nie. Teen Donderdagmiddag laat het die vuur weer opgevlam en was sigbaarheid in Victoriaweg tussen Bakoven en Houtbaai baie sleg. Die rook het oor die pad geborrel.

Brandbestryders spook om die brand by Oudekraal, naby Kampsbaai, teen die Karbonkelberg in bedwang te bring. Foto: Jaco Marais
’n Sterk wind het die brandbestryders gekniehalter in hul poging om die brand te blus. Foto: Jaco Marais
Pogings om die veldbrand te blus, is bemoeilik deur ’n sterk wind en die onbegaanbaarheid van die terrein.Foto: Jaco Marais
Brandbestryders veg teen die brand, wat Woensdagmiddag uitgebreek op ’n stuk grond wat grens aan die Tafelberg Nasionale Park. Foto: Jaco Marais
Brandbestryders het die hele dag gespook om die brand in bedwang te bring. Teen Donderdagmiddag het digte rook veroorsaak dat sigbaarheid swak was op Victoriaweg, tussen Bakoven en Houtbaai. Foto: Jaco Marais
Die ontoeganklikheid van die terrein het brandbestryders gekniehalter in hul pogings om die brand in bedwang te bring. Woensdagmiddag is helikopters ingespan om met waterbomme die brand te probeer beheer. Foto: Jaco Marais
’n Brandbestryder is teen Donderdagmiddag laat nog op die toneel in ’n verbete stryd om die veldbrand te blus. Foto: Jaco Marais
’n Sterk wind het die taak van die brandbestryders bemoeilik. Foto: Jaco Marais
Net ’n oomblik rus voordat die brandbestryders weer alles insit in die geveg teen die veldbrand. Foto: Jaco Marais
’n Helikopter is ingespan om met waterbomme die veldbrand te probeer stuit. Foto: Jaco Marais


Meer oor:  Tafelberg-Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.