Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oorsaak van dominee se dood bevestig

Dr. Marius Johnson (58), ’n predikant van die NG gemeente Montana in Pretoria, is dood aan natuurlike oorsake.

Adv. Herman Taljaard, woordvoerder van die gesin en die gemeente, sê hulle het Woensdagnag laat bevestiging gekry dat hy dood is weens 'n massiewe hartaanval.

Dr. Johnson het op Vrydag 29 September saam met sy vrou by die Baobab Cafe & Grill in Wonderboom geëet toe hy in die restaurant inmekaargesak en gesterf het.

“Volgens die dokter is hy onmiddellik dood weens 'n massiewe hartaanval,” sê Taljaard, en voeg by die feit dat daar nou sekerheid is oor die oorsaak van sy dood, bring berusting vir die familie.

“Ek dink die kinders is bly om te weet wat die oorsaak was. Daar was baie bespiegeling rondom sy dood op die sosiale media.”

Taljaard het vroeër gesê Johnson se dood was baie onverwags. “Hy was fiks. Sy dood kom as ’n groot skok vir ons almal.”

Dr. Marius Johnson en sy vrou, Mariaan. Foto: Facebook


Johnson is verlede Vrydag begrawe.

Hy word oorleef deur sy vrou, Mariaan, sy dogter, Maryke (27), en sy seun, Riegardt (26).

Taljaard het vroeër gesê Johnson was ’n netjiese mens en hy het veral omgesien na die bejaarde lede van sy gemeente.

Medelye vir die Johnson-familie het in die sosiale media ingestroom.

Johan Koen skryf op Facebook: “ ’n Engel op aarde wat nou die geledere van Hemelse Engele betree het. Sy bystand aan ons as gesin met die afsterwe van ons seuntjie sal ons ewig bybly. Die pad wat hy met ons gestap het was met deernis en liefde gevul. Hy laat ’n ongelooflike groot leemte in ons gemeente, ons gemeenskap en, ek is seker, in sy gesin. Rus sag, ds. Marius.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.