Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oorvol taxi's sal boete kry, passasiers moet aflaai
’n Taxi by die Wanderers-taxistaanplek in Johannesburg wat op nog passasiers wag. Foto: Felix Dlangamandla

Boetes, of die summiere aflaai van oortollige passasiers.

Dit is waarmee die Tshwane- en Johannesburgse metropolisie Maandag gedreig het ná taxiverenigings se direktief aan operateurs om hul taxi’s vol te laai.

Kragtens vlak 3 van die inperking mag taxi’s net 70% vol wees.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), sê taxi’s wat meer passasiers vervoer as wat die regulasies toelaat, sal afgetrek word en sal oortollige passasiers moet aflaai.

Op die vraag of taxi’s geskut sal word, sê Minnaar: “Nee, ons wag nog op opdragte van die minister van polisie.”

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Maandag gesê hy wil nie met taxiverenigings in ’n “oorlog” betrokke raak nie.

Mbalula sê die regering sal die huidige regulasies vir vlak 3 hersien.

Taxi-operateurs by die Wanderers-taxistaanplek in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla
Passasiers in ’n taxi by die Noord-taxistaanplek in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Taxiverenigings het verlede week gesê hulle sal die regulasies verontagsaam nadat hulle ’n dooiepunt met die regering oor die Covid-19-hulpfonds bereik het.

Die verenigings sê die regering se voorgestelde verligtingspakket van R1,1 miljard is onvoldoende om die taxibedryf teen die ekonomiese storm te buffer wat deur die pandemie veroorsaak is.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, sê hulle sal in dié stadium slegs boetes aan operateurs uitreik wat die regulasies oortree en taxi’s vol laai.

“Ons het opgelet dat daar taxi’s is wat die reëls oortree en hulle is ’n boete opgelê omdat hulle oorlaai was, maar daar is ook taxi’s wat gehoorsaam is en daarom sal ons voortgaan om die wet toe te pas en boetes uit te reik,” sê Mahamba.

News24 het Maandag berig by die Bree-taxistaanplek in Johannesburg en by die Bosman-taxistaanplek in Tshwane is die inperkingsregulasies vir die taxibedryf blatant geïgnoreer.

Die Suid-Afrikaanse nasionale taxiraad (Santaco) en Mbalula het Maandagaand vergader en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.