Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Oorwerkte’ Zuma uit hospitaal, bedank ondersteuners

Een van oudpres. Jacob Zuma se seuns, Edward Zuma, sê sy pa is oorwerk en is deur dokters opdrag gegee om te rus.

Edward het Saterdagmiddag gesê: “Soos enige ander mens op sy ouderdom moes hy dokter toe gaan vir ’n ondersoek. Hy is nou uit die hospitaal, maar is opdrag gegee om te rus omdat die dokters sê dat hy homself oorwerk.”

IOL het Vrydag berig dat die Jacob Zuma-stigting bevestig het dat Zuma vir ’n week in die hospitaal opgeneem is. Hy is Donderdag ontslaan, op dieselfde dag waarop die hooggeregshof in Pietermaritzburg sy appèl teen ’n vroeëre laster-uitspraak van die hand gewys het.

Regter Dhaya Pillay, wat bevind het dat Zuma die mede-ANC-veteraan Derek Hanekom belaster het toe hy getwiet het dat die voormalige minister van toerisme ’n “bekende vyandelike agent” was, het die voormalige president se appèlaansoek van die hand gewys.

Die presiese rede waarom Zuma in die hospitaal opgeneem is, is nie bekend nie.

Saterdagmiddag het Zuma sy ondersteuners vir hul goeie wense op Twitter bedank. Hy twiet: “Jul boodskappe was oorweldigend gedurende hierdie moeilike tyd.”

Zuma sou volgende week voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn het, maar hy het onmiddellik ná die kommissie se aankondiging laat weet dat hy weens gesondheidsprobleme onttrek.

Die stigting het gesê meer inligting oor Zuma se verwagte verskyning voor die kommissie sal later bekend gemaak word, berig IOL.

Jul boodskappe was oorweldigend gedurende hierdie moeilike tyd.

Meer oor:  Zacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.