Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oos-Kaap mees homofobiese provinsie – verslag

Lede van die lesbiese, gay, biseksuele en transgender- (LGBT) gemeenskap in die Oos-Kaap is drie keer meer geneig om weens hul seksualiteit in dié provinsie aangeval te word.

Dít luidens ’n verslag van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) se jongste studie in November.

Die verslag dui ook aan dat die Oos-Kaap as die mees homofobiese provinsie in die land geklassifiseer is aangesien geweld teenoor die LGBT-gemeenskap die algemeenste in dié provinsie voorkom.

Gerbrandt van Heerden, navorsingsontleder, sê in reaksie op die uitslae opvoeding kan ’n rol speel om mense se perspektief oor seksualiteit positief te verander.

“Mense in Afrika met ’n tersiêre opvoeding is amper drie keer meer geneig om verdraagsaam te wees teenoor homoseksuele mense, in vergelyking met mense wat geen formele opvoeding het nie,” sê Van Heerden.

Die studie het ook positiewe aspekte opgelewer, met 80% van die LGBT-deelnemers wat aandui dat hulle nog geen diskriminasie van ’n gesondheidsverskaffer ervaar het nie.

Die IRR se studie het ook uit die groep mense wat ondervra is, vasgestel dat vier uit tien LGBT-Suid-Afrikaners van iemand weet wat vermoor is weens hul betrokkenheid, óf vermoedelike betrokkenheid, by die LGBT-gemeenskap.

Die swart LGBT-gemeenskap is twee keer meer geneig om van iemand te weet wat weens dié rede vermoor is, lui die IRR se verklaring.

“Dít verduidelik ook deels hoekom slegs die helfte van die swart deelnemers geheel en al openlik oor hul seksualiteit is,” lui die IRR se verklaring.

Die studie het ook positiewe aspekte opgelewer, met 80% van die LGBT-deelnemers wat aandui dat hulle nog geen diskriminasie van ’n gesondheidsverskaffer ervaar het nie.

Ses uit tien Suid-Afrikaners stem ook nie saam dat gay, lesbiese, biseksuele, transgender- en interseksuele mense strafbaar volgens die wet moet word nie.

“ ’n Vooruitstrewende Grondwet, gepaard met ’n onderrigstelsel wat die waarde van die Grondwet versterk, kan ’n groot bydrae maak in die aanvaarding van en verdraagsaamheid teenoor die LGBT-gemeenskap,” sê Van Heerden ter afsluiting in die verklaring.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Menseregte  |  Lgbt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.