Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oos-Kaap ‘soek beleggings in dagga’

Die Oos-Kaap het ’n reuse-uitdaging met werkloosheid en kort beleggers wat hulle in die provinsie vestig en goedere vir die wêreldmarkte kan produseer.

So het Oscar Mabuyane, die Oos-Kaap se premier, Maandagaand gesê op ’n vergadering tussen hom en dr. Yuan Jiajun, goewerneur van die Zhejiang-provinsie in China.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap (regs), en dr. Yuan Jiajun, goewerneur van die Zhejiang-provinsie in China.Foto: Verskaf

Yuan het die Oos-Kaap besoek om die bande en die ooreenkomste wat die twee provinsies al die afgelope 24 jaar het te versterk.

Mabuyane sê die provinsie se deure staan oop vir Zhejiang om hier te kom belê om sodoende werke te skep.

Hy het gesê afgevaardigdes is seker bewus van die geweld wat die afgelope ruk in Gauteng woed.

Volgens Mabuyane hou die geweld nie verband met xenofobie soos wat “mediahuise” beweer nie. Hy het sy gaste die versekering gegee dat Suid-Afrikaners vredeliewende mense is.

Die Chinese se besoek kom terwyl die provinsie besig is om sy provinsiale ontwikkelingsplan te formuleer, sê Mabuyane.

Deur middel van dié plan wil hulle onder meer die motorvervaardigingsbedryf, landbou, die oseanesektor, herwinbare energie, toerisme en die ontwikkeling van kleinsakeondernemings gebruik om die Oos-Kaap te bou.

“Die landbousektor is steeds onderontwikkel in die provinsie met meer as 300 000 ha bewerkbare grond en lewende vee beskikbaar vir primêre landbou en landbouproduksie.

“Daar is ’n geleentheid vir albei provinsies om saam te werk ten opsigte van die sitrusbedryf, graan, vleisproduksie en tuinbouprodukte.”

Daggaproduksie vir medisinale gebruik bied eindelose moontlikhede, sê Mabuyane. Hy sê die dagga wat natuurlik in die Oos-Kaap groei, “is die beste in die land”.

“Ons is besig om die lisensiëringsregime te finaliseer. Ons het beleggers nodig wat daggaboere kan help om die daggaverwerkingsbedryf te laat groei.”

* Die ANC-strydros wyle Raymond Mhlaba, eerste premier van die Oos-Kaap, het 24 jaar gelede die betrekkinge met die Zhejiang-provinsie begin bou.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  China  |  Oos-Kaap  |  Beleggings  |  Dagga  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.