Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oos-Kaap steier onder werkloosheid

Die Oos-Kaap is steeds besig om poste te verloor en het nou die episentrum van werkloosheid in die land geword.

Die rekordhoë werkloosheidskoers in dié provinsie, deels as gevolg van die vernietigende gevolge van die Covid-19 pandemie op die ekonomie, word in die jongste kwartaallikse indiensnemingspeiling vervat.

Volgens die peiling wat Donderdag bekendgemaak is, het die werkloosheidskoers in die Oos-Kaap van 36,9% in die tweede kwartaal tot 45,8% gestyg.

Die Oos-Kaap is op 51,2% ook die provinsie met die hoogste uitgebreide werkloosheidskoers.

Die hoë werkloosheidskoers toon dat diegene wat werkloos is, steeds werk soek, maar die meerderheid is onsuksesvol.

Oor die afgelope jare het daar meer as 190 000 poste in die provinsie verlore gegaan.

Bobby Stevenson, ’n DA-lid van die wetgewer in die Oos-Kaap, sê die provinsie se syfer is in skerp kontras teenoor die syfers in die Wes-Kaap, waar die DA in beheer is.

Die Wes-Kaap het die laagste werkloosheidskoers (21,6%) en die laagste uitgebreide werkloosheidskoers (29,1%).

“Indien ons beleggers na die provinsie wil lok en die ekonomie wil verbeter, dan moet ons ’n provinsie bou wat bevoeg is.

“’n Bevoegde staat is een wat ’n gunstige omgewing skep vir die private sektor om in te werk en om poste te skep.

“Dit beteken die verskaffing van betroubare elektrisiteit, water, ’n funksionerende vervoerstelsel, en die wegdoen met rompslomp.”

Daar was ’n styging in agt van die land se nege provinsies. Slegs die Noord-Kaap het ’n verbetering getoon.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Werkloosheidskoers  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.