Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oos-Kaapse konstabel word helikoptervlieënier
Die Oos-Kaapse polisie se nuwe vlieënier, konst. Qondile Dyeke (regs), saam met die provinsie se polisiekommissaris, lt.genl. Qondile Dyeke. Foto: Verskaf

Die polisie in die Oos-Kaap spog met ’n nuwe vlieënier nadat een van sy lede, ’n konstabel wat amper tien jaar lank daarvan gedroom het om ’n helikopter te vlieg, die afgelope week uiteindelik gekwalifiseer het. Hy het Vrydag sy eerste solovlug onderneem.

Konst. Qondile Dyeke (32), wat in 2009 as ’n permanente lid van die SAPD in George in die Wes-Kaap aangestel is, het in 2014 besluit hy gaan sy droom verwesenlik toe hy hom by die polisie se lugvleuel in die Oos-Kaap aangesluit het. Dit kom nadat die destydse adjunk-nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Nobubele Mbekela, jong mense genooi het om hulle as vlieëniers te bekwaam.

Sy droom het ’n stappie nader aan verwesenliking gekom toe hy die Oos-Kaapse LUR vir veiligheid en vervoer, Weziwe Tikana, in 2016 met haar besoek aan dié lugvleuel ontmoet het.

“Ek was baie bevoorreg om haar te ontmoet. Ek het buite gewerk toe sy my kom groet het. Ek het besluit ek kan nie so ’n geleentheid deur my vingers laat glip nie en het haar van my droom vertel. Ek het dit glad nie berou nie,” sê Dyeke.

In Junie 2017 het Dyeke ’n oproep van die departement van vervoer ontvang dat ’n beurs aan hom toegeken is om ’n privaat vlieënierskursus te volg. Op sy verjaarsdag op 25 Augustus 2017 het hy ’n oproep ontvang dat hy hom by die lugvleuel in Bloemfontein moet aansluit waar hy sy kursus die volgende maand aan die Westline Air School moet begin.

“Ek kon dit nie glo toe ek hoor dat ek my in Bloemfontein vir werk en studies moes aanmeld nie.

Ek is ook baie dankbaar vir die LUR. Dit was glad nie maklik nie en daar was tye dat ek dae lank nie kon slaap nie, maar ek is dankbaar.

“Ek het amper gehuil toe ek daaraan dink dat die Oos-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, ook die pad na my droom vir my oopgemaak het. Sy het my deurentyd gemotiveer. Ek hoor nog haar stem in daardie moeilike dae van studies toe sy my herinner het waar ek vandaan kom,” het Dyeke bygevoeg.

“Ek is ook baie dankbaar vir die LUR. Dit was glad nie maklik nie en daar was tye dat ek dae lank nie kon slaap nie, maar ek is dankbaar.”

Bongani Mkongi, die adjunkminister van polisie, het Dyeke en ander lede in die program vir hul vasberadenheid geprys.

Meer oor:  Sapd  |  George  |  Oos-Kaap  |  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.