Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Op 83 behaal dr. Coen nog ’n doktorsgraad
Dr. Coen Bezuidenhout (83) ontvang sy tweede doktorsgraad op die Noordwes-Universiteit (NWU) se onlangse herfsgradeplegtigheid in Potchefstroom. By hom is prof. Rantoa Letsosa, viserektor van onderrigleer aan die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: Verskaf
Jou vrou moet nooit die indruk kry jy doen niks nie.
Coen Bezuidenhout

Die getal 83 verwys nie na sy ouderdom nie, maar na sy gewig, skerts dr. Coen Bezuidenhout wat in die ouderdom van 83 jaar pas ’n tweede doktorsgraad behaal het.

Bezuidenhout, ’n afgetrede prokureur in die strafreg van Hermanus in die Wes-Kaap, se doktorsgraad handel oor hoe die wetlike regulering van die beskerming van jagbare wildlewe in Suid-Afrika van 1652 tot 2014 ontwikkel het.

Hy het pas die graad op die Noordwes-Universiteit se herfsgradeplegtigheid in Potchefstroom ontvang.

Bezuidenhout het sy eerste doktorsgraad in die regte in 1990 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

“Jou vrou moet nooit die indruk kry jy doen niks nie,” is Bezuidenhout se filosofie. Hy sê op 83 is hy nog fiks en energiek. “Ek is ’n geheelonthouer en stap gereeld.”

Bezuidenhout se vrou, Leensie, is ’n afgetrede onderwyser. Hulle het ses kinders, van wie twee ook prokureurs is.

Bezuidenhout, self ’n jagter, het besluit om sy stokperdjie sy studietema te maak, onder meer omdat die voortbestaan van jagwild in die weegskaal is.

“Daarom moet voortdurend besin word hoe doeltreffend wetgewing is ten opsigte van die soort wild, hoeveelheid en die jagseisoen.”

Uit Bezuidenhout se navorsing blyk dit jagregulering het al met Jan van Riebeeck se koms in die Kaap in 1652 begin. “Hulle het toe reeds begin jag en met die Khoisan gebots.”

Al die reëls hieroor moes egter van voor af ontwikkel word. Hoewel daar in Europa baie wette was oor die jag van wild, het die Europeërs geen jagwild hierheen gebring nie.

“Hulle het net vreemde wild hier gevind. Van Riebeeck het al sterk standpunt ingeneem oor die bewaring van wild. ’n Tuinier wat ’n seekoei meer as 50 keer geskiet het om hom dood te kry, is as straf gekielhaal (onder ’n skip deurgetrek).”

In die 1800’s was daar wette wat bepaal het honde mag by jagters wees, maar nie die wild inhardloop of doodbyt nie. Bezuidenhout vertel selfs in Van Riebeeck se tyd is al met olifanttande gehandel en gesmokkel. Olifante is byvoorbeeld in die omgewing van Saldanha in gate gevang.

Bezuidenhout sê daar is vandag in elke provinsie van Suid-Afrika verskillende wette oor jag weens verskillende soorte wild wat in streke voorkom.

“Jag is nie sinoniem met die uitroei van wild nie. Klem moet gelê word op georganiseerde jag wat deur wetgewing gereguleer word, want slegs so kan wild bewaar word.

“Ons moet nou kyk na die toekoms van jagwild en die regulering van jagters.”

Meer oor:  Studies  |  Universiteit  |  Doktorsgraad  |  Bejaarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.