Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Op en af . . . Arno kry goeie nuus toe boer hom afsê

Arno Visagie het nie baie tyd gehad vir huil nadat die boer Damian hom huis toe gestuur het nie.

Arno Visagie kuier gereeld by sy ma, Joanita Cole, en stiefpa, Anton, op die gasteplaas wat hulle bestuur in Laingsburg in die Karoo, Wes-Kaap. Hier is Arno (heel regs) saam met sy ma, stiefpa, sy sussie, Minette Visagie, en sy jong “boetie” en “sussie”, Joshwa en Trismy, wat in sy ouers se pleegsorg is.

“Op dieselfde dag wat ek gehoor het ek is die eerste besoeker wat Damian en sy plaas moet groet, het ek ook gehoor dat ek werk gekry het,” het Arno Vrydag aan Rapport gesê. Op die dag wat hy huis toe gestuur is, het hy gehoor die International School of South Africa in Mahikeng het hom aangestel as kunsonderwyser.

Hy sê die kinders herken hom ná sy verskyning op televisie.

Kykers het Donderdagaand op Boer soek ’n vrou (kykNET), gesien hoe die boer Damian, ’n bees-en-skaapboer van Bapsfontein, Gauteng, eerder vir Ivan en Andrew gevra het om aan te bly.

Arno was in trane.

“Met die verfilming van die reeks vroeër vanjaar was ek vreeslik emosioneel en het gehuil. Ek was baie hartseer. Maar toe ek nou Donderdag die episode sien, het Damian se rede vir my sin gemaak en toe voel ek ook sommer baie beter.

Damian se rede maak vir my sin.

“Damian het Donderdag gesê hy gaan my eerste groet, want hy voel ek het nog te veel goed wat my vashou, soos my studies, en ons is op verskillende plekke in ons lewens. Hy wil settle en ek wil nog die lewe verken.

“Nou, ek wil net sê dat ek beslis al twee kan doen. En toe ek dit hoor op televisie het ek onmiddellik gedink dis dalk iets waaroor ons moes praat voordat hy my gegroet het, maar dit maak ook nou sin,” sê Arno.

Tydens die verfilming was Arno besig met sy honneursgraad in onderwys aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

“Iemand op Boer soek ’n Vrou se Facebookblad het ook gesê dis goed ek gaan huis toe, want ek is te jonk vir Damian (38). Toe dink ek ek is eintlik die oudste van die drie. Ek verjaar môre en is dan 28. Toe voel ek sommer ook beter.”

’n Hartseer Arno (middel) is die afgelope week deur die boer Damian huis toe gestuur op Boer soek ’n vrou. Andrew (links) en Ivan (regs) bly wel nog ’n rukkie.

Damian het wel vir Arno gesê hy wil graag vriende bly en hulle het inderdaad steeds kontak.

“Hy het ná Donderdagaand se episode vir my ’n boodskap gestuur en gevra of ek oukei is.”

En ja , Arno weet wie Damian uiteindelik gekies het, maar daaroor mag hy nie ’n woord rep nie.

Damian het Donderdag op televisie aan die aanbieder, Leah van Niekerk, gesê daar is “spark” tussen hom en een van die ouens. Arno sê dinge in Bapsfontein gaan nog baie interessant raak.

  • Boer soek ’n vrou wys Donderdagaande om 20:00 op kykNET.
Meer oor:  Arno Visagie  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.