Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Opkikkers: Stassen wil hof toe

Die voormalige Bul-slot Hendré Stassen, wat deesdae sy rugby in Frank­ryk speel, gaan die aanklagte dat hy van opkikkers gebruik maak, met hand en tand beveg.

Hendré Stassen

Sy pa, Mike Stassen, het aan Rapport gesê hy het reeds prokureurs in Parys aangestel wat sy seun sal verdedig. “Ek vlieg Sondag (vandag) na Hendré,” het Stassen sr. gesê. “Ek mag in opdrag van ons prokureurs nog nie veel oor die aangeleentheid sê nie. Ek kan wel bevestig dat ons die skorsing sal beveg.”

Volgens Reuters is die 21-jarige Stassen, wat vir Heyneke Meyer se Franse klubspan, Stade Français, speel, in Mei positief getoets vir ’n verbode middel ná ’n Top14-wedstryd teen Montpellier. Hy is tydelik geskors deur die Franse liggaam wat die gebruik van verbode middels in sport monitor.

Stassen het hom verlede jaar as ’n leenspeler by Meyer se klub aangesluit. Nadat hy die voormalige Springbok-afrigter met sy spel op flank beïndruk het, het Stade Français hom uit sy kontrak by die Bulle gekoop.

Benewens sy opkikkerprobleme óp die veld hou Stassen se probleme ván die veld af ook nie op nie. Die polisie wag vir hom om terug te keer uit Parys om hom te ondervra oor die gebeure by ’n Pretoriase kuierplek waar hy na bewering die tandarts dr. Markus Botes se kakebeen afgeslaan het.

Rapport het vroeër berig dat Botes glo in dié rusie so hard met die vuiste bygekom is dat die tandarts ’n operasie moes ondergaan. Botes het op die aand van die beweerde aanranding saam met Stassen se meisie, Lizell Visser, gekuier.

Botes het ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen Stassen aanhangig gemaak.

Meer oor:  Hendré Stassen  |  Markus Botes  |  Opkikkers  |  Rugbyspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.