Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oppas vir geldnote met inkvlek

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku mense in die lig van die onluste om nie geldnote met ’n inkvlek te aanvaar nie.

Dit kom nadat honderde kitsbanke tydens die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng verwoes is.

Sabric sê in ’n verklaring mense moenie inkbevlekte geld aanvaar nie, aangesien dit dan nie meer sy geldelike waarde behou nie.

Kontant word by kitsbanke in spesiale houers gehou wat dit met kleurvlek-tegnologie beskerm.

Dit word geaktiveer wanneer iemand die houer probeer oopbreek en die kontant word dan met ’n groen kleurstof gevlek.

Die kontant is dan onbruikbaar as betaalmiddel.

“Mense in besit van dié note maak hulself verdagtes in ’n strafregtelike ondersoek om vas te stel of hulle by die steel en ongemagtigde toegang tot hierdie kitsbanke betrokke was.”

Sabric het reeds ’n toename opgemerk in pogings om die bevlekte geld in KwaZulu-Natal en Gauteng te versprei.

* Mense in besit van dié note kan Stop Misdaad by 0860 010 111 bel.

Meer oor:  Sabric  |  Gauteng  |  Kwazulu-Natal  |  Kitsbanke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.