Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oproep uit tronk ná ‘seks-advertensie’

’n Vrou van Ogies in Mpumalanga het die afgelope week klagte by die polisie ingedien nadat iemand ’n advertensie vir seksuele dienste en gunste in haar naam op die internet geplaas het.

Lizelle Taljaard

Die advertensie, met ’n foto wat van haar Facebook-profiel gesteel is, lui: “Bel asb as jy van anale seks en ouer vroue hou. Ek is ’n wit dame, vlot in Afrikaans en Engels.”

Lizelle Taljaard sê sy was buite haarself van ontsteltenis. “Sies, man, dis gross. Ek het nie pryse of dienste nie. Ek is nie só iemand nie. Van Dinsdag tot Saterdag het ek 19 oproepe en 18 boodskappe van vreemde mans gekry wat my wil besoek en van my kamtige dienste gebruik maak.”

Sy sê die eerste paar oproepe het sy nog beleef beantwoord.

“Maar later het ek ’n paar van my beste vloekwoorde gebruik, ek kon myself nie help nie, ek was woedend.”

Die eerste oproep, die afgelope Dinsdag, het van binne Pretoria se Kgosi Mampuru-tronk gekom. “My eerste gedagte was dat dit dalk my seun kan wees.

“Ek is ook maar ’n ma en bekommerd oor my kind. Dalk is hy soontoe oorgeplaas sonder dat ek daarvan weet. Toe ek antwoord, was dit ’n vreemde man wat wou weet of ek beskikbaar is.”

Taljaard se seun, Marcell van der Westhuizen, is verhoorafwagtend op ’n klag van onder meer aanranding.

Rapport het onlangs berig dat Marcell en sy vervreemde vrou, Leané, daarvan verdink word dat hulle ’n man van Mokopane in Februarie 2020 ’n nag lank aangehou en gemartel het.

Marcell, ’n selferkende dwelmgebruiker, het verlede jaar die Pretoriase private speurder Mike Bolhuis genader en gesê hy soek hulp vir sy dwelmprobleem. Bolhuis het hom na die I Am Recovery Ministeries se rehabilitasiesentrum in La Montagne, Pretoria, verwys waar hy later in hegtenis geneem is op die marteling- en aanrandingsklagte.

Bolhuis en Taljaard het intussen koppe gestamp oor die koste van haar seun se rehabilitasie en eiendom van haar seun wat sy beweer in Bolhuis se besit is. Dit het in so ’n mate handuit geruk dat sy ’n tussentydse beskermingsbevel teen Bolhuis gekry het omdat sy beweer dat hy haar teister.

Bolhuis kry Maandag ’n geleentheid om sy kant van die saak in die landdroshof in Emalahleni te stel om te bepaal of die tussentydse bevel finaal gemaak moet word. Bolhuis wou die afgelope week nie op enige van dié aantygings reageer nie. 

Meer oor:  Mike Bolhuis  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.