Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oproeriges op Mokopane nou onder beheer
Opgeskeurde papier lê in die raadsaal in Mokopane nadat ’n groep mense ’n stadsraadsvergadering gewelddadig onderbreek het.

Die situasie op Mokopane in Limpopo is onder beheer nadat groepe beswaardes op gewelddadige wyse toegang tot die munisipale kantore op dié dorp verkry het.

“Dinge is nou stil en die polisie is in beheer van die situasie,” sê kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo.

Hy sê lede van die onlustepolisie is op dié Bosveldse dorp ontplooi om ’n oog oor sake te hou.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiekommissaris in Limpopo, het die geweldpleging vroeër in ’n verklaring veroordeel.

Die geweldpleging het vroeër vandeesweek begin toe ’n groep mense na die kantore van die Mogalakwena-munisipaliteit opgeruk het.

Hulle het glo veiligheidswagte aangeval voordat hulle ’n stadsraadsvergadering ontwrig het.

’n Geveg het uitgebreek en deure van die munisipale kantore is onder meer beskadig.

Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 40 en 51 jaar is in hegtenis geneem. Twee van hulle is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Die ander drie is op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Al vyf sou Donderdag weer in die hof op Mokopane verskyn het.

Die geweldpleging het Woensdagoggend uitgebrei toe ’n ander groep na die munisipale kantore opgeruk, die veiligheidswagter geïntimideer, toegang tot die terrein verkry en die hekke gesluit het.

Die polisie het opgetree en 20 verdagtes in hegtenis geneem.

Scheepers het ’n spesiale taakspan aangestel om die voorvalle te ondersoek.

Meer oor:  Mokopane  |  Onluste  |  Oproer  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.