Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Opruimingswerk gedoen ná veldbrand by Vleesbaai
Brandbestryders Donderdag op die toneel van ’n veldbrand naby Vleesbaai. Foto: Mosselbaai-munisipaliteit

Brandbestryders van die Garden Route-distriksmunisipaliteit was Vrydag nog besig met opruimingswerk ná ’n veldbrand Donderdagmiddag naby Vleesbaai in die Mosselbaai-distrik uitgebreek het.

Die Mosselbaai-munisipaliteit het Donderdagmiddag kort voor 14:00 bekend gemaak dat brandbestryders van sy brand-, redding- en rampbestuurspan sowel as van die distriksmunisipaliteit besig is om die veldbrand te beveg.

Die vuur het in die rigting van die Gouritzrivier gebrand en ’n helikopter en ’n opsporingsvliegtuig is gebruik om die brandbestryders te help. Grondeienaars in die gebied het ook ondersteuning gebied. Daar is verhoed dat die brand verder versprei.

Dit is later onder beheer gebring en die Mosselbaaise brand-, redding- en rampbestuurspersoneel het na die brandweerstasie teruggekeer, volgens inligting op die Mosselbaai-munisipaliteit se Facebook-blad.

Die Garden Route-distriksmunisipaliteit se brandbestryders en grondspanne van Werk met Vuur het Donderdagaand op die toneel agtergebly vir opruimingswerk.

“Die opruim van die gebied gaan vandag voort,” het Gerhard Otto, hoof van rampbestuur by die distriksmunisipaliteit, Vrydag by navraag gesê.

Die oorsaak van die brand en die omvang van die skade is nog onbekend.

Twee brande het ook vandeesweek in onderskeidelik Vermaaklikheid en Albertinia in die Hessequa-distrik voorgekom, het Didi Budricks, ’n munisipale woordvoerder van Hessequa, by navraag gesê. “In albei gevalle was daar nie weiding betrokke nie.”

Meer oor:  Mosselbaai  |  Opruimingswerk  |  Veldbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.