Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Optog na Uniegebou teen plaasmoorde

Die optog Saterdag na die Uniegebou in Pretoria “was om die land se bestuur ’n bietjie wakker te skud” oor die uitwerking wat plaasmoorde het.

Dit was die derde vreedsame optog wat onder die vaandel van die groep Against Farm Murders and Attacks gehou is.

Kallie Roux, een van die organiseerders, spreek die optoggangers buite die Uniegebou in Pretoria toe. Foto: Melinda Stuurman

Die optoggangers het in Sefako Makgatho-rylaan byeengekom en stadig in ’n motorstoet na die Uniegebou beweeg, waar hulle gaan bid het.

“Ons bid vir die land en die boere en teen plaasmoorde en -aanvalle teen alle rassegroepe. Dit is vir ons ’n geloofsaak,” het past. TJ Maré, leier van die 911Riders – ’n groep motorfietsryers wat al twee keer deur Suid-Afrika ter bewusmaking van plaasmoorde gery het – gesê.

“Die opkoms was baie goed en ons sal daarmee volhou.

“Ons moet opstaan as Suid-Afrikaners en die land terugvat vir ons mense, maar nie met geweld nie. Die land se bestuur moet ’n bietjie wakker word.”

Van die optoggangers is geklee in wit en swart T-hemde en vertoon vlae en kruise. Foto: Melinda Stuurman

Hy het gesê plaasmoorde het ’n negatiewe effek op Suid-Afrika se voedselsekerheid.

“Ons meen die regering hanteer nie die saak (plaasmoorde) met die aandag en erns wat dit verdien nie. Dit is ’n prioriteitsmisdaad.

“Net soos wat vroue en ander mense vermoor word, word boere ook vermoor – dit is nie ’n ander tipe moord nie. Maar die effek van ’n plaasmoord is baie groter, want dit het ’n uitwerking op ’n groot groep families.

“As ’n mens kyk na die afname in die getal kommersiële boere in Suid-Afrika, moet ’n mens bekommerd wees oor waarheen ons op pad is.”

Optoggangers bid Saterdag buite die Uniegebou teen plaasmoorde en -aanvalle. Foto: Melinda Stuurman
Meer oor:  Uniegebou  |  Optog  |  Plaasmoorde  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.