Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Optog teen plaasaanvalle ten spyte van dreigemente

Al was daar sprake van inhegtenisneming, het die plaasmoord-optog na die Uniegebou Saterdagoggend steeds voortgegaan.

Janette van der Merwe, een van die organiseerders, was een van honderde motorfietsbestuurders wat op die N1 saamgedrom het. Sy sê niemand is by die Voortrekkermonument toegelaat nie, maar hulle gaan voort met hul optog na die Uniegebou.

“Ons voel net eenvoudig dié keer staan ons nie terug nie. Nooit weer nie.”

Sy het net ná 11:00 gesê die optog is “rustig”.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê hy wag nog vir sy spanne om terugvoering te gee.

Daar was egter nog vroeg die oggend verwarring oor of die optog fisies voortgaan en of dit net op sosiale media gehou sal word.

Een van die betogers het Saterdag dié foto gestuur van hul optog na die Uniegebou in Pretoria. Foto: Janette van der Merwe

Devon Hofmeyr, Steve Hofmeyr se seun, het op Facebook geskryf nadat die metropolisie hul optog Uniegebou toe afgekeur het “as gevolg van eksterne redes en nie intern nie”, het hulle besluit hulle gaan steeds hul stemme op 18 Julie dik maak teen die wrede aanvalle op boere.

“En dit is wat ons gaan doen. Ek, Devon Hofmeyr, en die hele paneel daag elke liewe een van julle uit om Saterdag op die kop twaalfuur ’n foto of video van jou/julle te plaas waar jy jou stem dik maak teen plaasmoorde. Saam met hierdie video is die volgende hashtags uiters belangrik: #lockdownfarmmurders en #inblyteenplaasmoorde.”

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Optog  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.