Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Optrede teen geslagsgeweld in briefies bepleit
’n Tienermeisie wat deur haar ma se vriend verkrag is, se prentjie.

“Ek voel hart seer oor wat met my gebeer het (sic) my regte pa het vir my gesê ek moet stilbly. En ek het stilgebly en toe dit Desember was het ek begin praat. My lyfie voel stikend en ek voel hartseer ek was 6 en 7 toe dit gebeur het.”

Só lui die briefie van ’n agtjarige kind in die Abraham Kriel-kinderhuis, wat ’n veldtog van stapel gestuur het om binne die volgende paar weke 100 000 handtekeninge in te samel vir ’n petisie oor geslagsgeweld. Die petisie word aan die regering gerig.

Briefies wat kinders in hul eie handskrif oor hul huishoudelike omstandighede geskryf het, sal saam met die petisie aan pres. Cyril Ramaphosa se kantoor oorhandig word.

’n Gr. 11-meisie van die kinderhuis in Nylstroom skryf openhartig: “Ek weet hoe dit voel om bang te wees. Bang om te gaan slaap; bang om op te staan; bang om iets te sê; bang dat mense jou gaan verwyder; bang jy word aangerand as jy daaroor praat. Bang om vir mammie alleen te los, want wie weet wat volgende gaan gebeur.”

Die kinderhuis spreek sy misnoeë uit dat daar nie in die misdaadstatistieke spesifiek voorsiening gemaak word vir misdrywe teen vroue en kinders nie.

’n Briefie van ’n agtjarige kind.
’n Tienjarige kind skryf by haar prentjie sy kry nagmerries “oor wat stiefpappa” gedoen het.

Gerda van der Merwe, uitvoerende hoofbestuurder van die kinderhuis in Nylstroom, sê die sukses van die regering se strategie om geweld teen vroue en kinders te bekamp, kan slegs gemeet word as daar ’n maatstaf is.

“Die kinderhuis doen ’n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, om dringende aandag hieraan te gee sodat geweld en misdaad teen kinders bekamp word. Voldoende hulpbronne moet beskikbaar wees om sodanige sake te hanteer.”

Die jaarlikse 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld begin Woensdag 25 November en duur tot 10 Desember. Die wêreldwye tema is: “Orange the World: Fund, Respond, Prevent, Collect!”

Die kinderhuis versoek dat beamptes wat hierdie sake ondersoek kundig en behoorlik opgelei moet wees om kinders met die nodige sensitiwiteit en begrip te hanteer.

Marlene de Villiers, woordvoerder van die Abraham Kriel-kinderhuis in Nylstroom, sê hulle het ’n verantwoordelikheid om toe te sien dat kinders versorg en beskerm word nadat iets vreeslik met hulle gebeur het.

  • Vir meer inligting, besoek akknyl. co. za/childrenslivesmatter/.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.