Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
O.R. Tambo laat renosterhorings in bagasie deur

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) is in die spervuur nadat ’n passasier met nege renosterhorings in sy bagasie op ’n vliegtuig op die O.R. Tambo-lughawe geklim en na Turkye gereis het.

Die nege renosterhorings wat op die Atatürk-lughawe in Istanboel in die bagasie van ’n passasier vanaf Suid-Afrika gekry is. Foto: Hürriyet Daily News

Die horings is op die Atatürk-lughawe in Istanbul deur veiligheidspersoneel gevind.

Luidens ’n berig in die Turkse koerant Hürriyet Daily News, het doeanepersoneel Dinsdag “ ’n verdagte stuk bagasie” in die lughawegebou gekry. Die bagasie het aan ’n passasier behoort wat van Suid-Afrika na Istanbul gereis het.

Hulisani Rasivhaga, Acsa se woordvoerder, het Vrydag gesê Acsa en sy veiligheidspersoneel probeer nou vasstel hoe dit moontlik is dat die skandeermasjiene op die O.R. Tambo-lughawe nie die horings in die bagasie opgemerk het nie.

Rasivhaga sê Acsa is in noue kontak met die polisie en “ander partye” oor die voorval.

Luidens die Turkse koerantberig lyk dit asof die passasier besef het lughawepersoneel op die Atatürk-lughawe was agterdogtig oor die bagasie en hy of sy het dit net daar op die vloer agtergelaat en vermoedelik gevlug.

Dit is onduidelik of die persoon die horings in Turkye wou verkoop en of hy na ’n volgende bestemming wou deursmokkel.

Paul Tully van Captured in Africa sê die bewaringsgemeenskap is geskok oor die voorval en dring aan op ’n behoorlike ondersoek.

Save Our Rhino se inskrywing oor die voorval op Twitter is meer as 4 000 keer gelees.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het by navraag gesê die departement is in kontak met die Turkse owerheid en die konvensie vir die handel in bedreigde spesies (Cites) se owerheid in Turkye.

Save Our Rhino se inskrywing oor die voorval op Twitter is meer as 4 000 keer gelees.

Die Turkse lughawensmaatskappy het vroeër in ’n verklaring gesê hy het in November verlede jaar ’n onderneming op die 73ste beraad van die internasionale lugvervoervereniging (Iata) onderteken dat hy “alles in sy vermoë” sal doen om natuurlewemisdaad te help bekamp.

Luidens dié verklaring beskou die Turkse lughawensmaatskappy misdade waarby wild betrokke is, as een van die belangrikste hedendaagse misdade.

Luidens dié deklarasie, wat ook deur die lugdiensverenigings van Suider-Afrika en die Londense Heathrow-lughawe onderteken is, onderneem dié lugdienste om geen ivoor, renosterhoring, skilpaddop en ander wildprodukte te vervoer nie. Die ondertekenaars het ook onderneem om passasiers en hul personeel bewus te maak van die geweldige gevaar en gevolge van die onwettige handel in natuurlewe

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.