Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oranje-meisies nie op hul monde geval nie
Die Hoër Meisieskool Oranje se wenspanne, die Woordsmede en (#Een(d)), van vanjaar se Dink of Sink-debatkompetisie. Van links voor spog Chané Nel, Vianke Herbst, Marlé Strauss en Rozaan Müller met hul trofees. Agter sit Mariehetta Matthee (skoolhoof) langs Renate van der Merwe (links) en Estée van Heerden. Foto: Mlungisi Louw

Die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein het vir die tweede jaar in ’n ry skoonskip gemaak in die eindronde van Volksblad en AfriForum se Dink of Sink-debatkompetisie vir die sentrale streek.

Oranje se senior én junior debatspan was die wenners in dié kompetisie vir onvoorbereide debatvoering wat vanjaar vir die 12de keer gehou is.

In die sentrale streek, wat die Vrystaat en dele van die Noord-Kaap en Noordoos-Kaap insluit, het 32 debatspanne mekaar in Bloemfontein die stryd aangesê.

In die junior afdeling het die twee spanne van Oranje Donderdagaand teen mekaar in die eindronde meegeding.

Die spanne Woordsmede en O my woord het gedebatteer oor of godsdiens in skole hoort. Die twee spanne se standpunte hieroor het die gehoor telkens laat skater van die lag.

Uiteindelik het die Woordsmede naelskraap gewen. Hul standpunt was dat godsdiens nie in skole hoort nie omdat daar altyd ’n minderheidsgroep sal wees wat benadeel word.

In die senior afdeling het Oranje se (#Een(d)) en die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se Ywerige Ysters ’n vuurwarm debat gevoer oor of die belangrikheid van wiskunde as skoolvak oorbeklemtoon word.

(#Een(d)) het is as wenner aangewys nadat hulle wiskunde se belangrikheid verdedig het.

Volgens Estée van Heerden, een van die senior spanlede, was die dubbele wen ’n geskenk vir hul uittredende skoolhoof.

“Ons wou hierdie graag vir juffrou gewen het. Dit is juffrou se wen,” het Estée aan Mariehetta Matthee, wat einde vanjaar ná ’n kwarteeu as skoolhoof aftree, gesê.

Matthee sê sy voel nederig dankbaar, want die meisies het baie hard gewerk.

“Ek voel bevoorreg. Die Here seën ons in die skool met al die pragtige kinders.”

Die senior span bestaan uit Rozaan Müller, Estée van Heerden en Renate van der Merwe.

Die junior span se lede is Marlé Strauss, Vianke Herbst en Chané Nel.

* Woordsmede en (#Een(d)) het deurgedring na die nasionale Dink of Sink-debatkompetisie in Pretoria waar hulle op 23 September teen die wenspanne van die ander streke om die nasionale titel sal meeding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.