Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Organisasies ruk op na parlement oor reg om te betoog

Burgerlike organisasies in Kaapstad het Dinsdag na die parlement opgeruk om hul grondwetlike reg tot protesoptrede te verdedig.

Mense betoog voor die parlement in Kaapstad vir hul grondwetlike reg om aan protesoptrede deel te neem.Foto: Jaco Marais

Die groepe wat onder die banier van die Social Justice Coalition (SJC) byeengekom het, het ’n optog deur die Kaapse middestad gehou om die eerste herdenking van die konstitusionele hof se uitspraak in November 2018 te vier wat Suid-Afrikaners se reg om te betoog bekragtig het.

Dalli Weyers, beleidshoof van die SJC, sê hulle betoog ook om eensgesindheid te toon met mense wat oor die wêreld heen, in Libanon, Chili, Hongkong, Irak, Palestina, Frankryk, Soedan, Bolivië, Brittanje en Katalonië, teen haat en mishandeling, patriargie, korrupsie, gierigheid en teen onverantwoordelike regerings betoog.

Betogers ruk op na die parlement om te betoog vir die grondwetlike reg om aan protesoptrede deel te neem.Foto: Jaco Marais

Weyers sê daar is baie voorbeelde van waar die regering steeds mense se vryheid om te betoog beperk.

“Ons hou ’n optog omdat vryheid van byeenkoms en vryheid van uitdrukking steeds oor die wêreld heen beperk word. Pres. Cyril Ramaphosa moet werk daarvan maak en verseker dat hierdie basiese vryhede beskerm en gevier word.”

Betogers ruk op na die parlement om te betoog vir die grondwetlike reg om aan protesaksie deel te neem.Foto: Jaco Marais

Weyers sê die polisie en wetstoepassers gebruik steeds onnodige geweld teen vreedsame betogers en het na ’n voorval op Caledon in die Overberg verwys toe twee mans tydens ’n protesoptrede dood is.

“Polisiebrutaliteit, die gebruik van geweld en gevaarlike en dodelike wapens teen vreedsame betogers wat dan beserings opdoen en selfs sterf, dui daarop dat magsmisbruik voortduur.”

Tientalle singende SJC-lede, geklee in wit T-hemde, het buite die parlement saamgedrom met baniere wat lui “Verdedig die reg om te betoog” en “Hands up, don’t shoot”.

Meer oor:  Parlement  |  Kaapstad  |  Politiek  |  Betoging  |  Protesoptrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.