Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oscar se suster, broer bring hulde aan ouma

Oscar Pistorius se suster en broer, Aimee en Carl, het Donderdag die mooiste huldeblyke aan hul ouma, Joyce Bekker (96), op Twitter geskryf.

Bekker is Donderdag in Johannesburg dood.

“My liefling Ouma, ek is geseënd om jou myne te kon noem. Ek sal die wysheid wat jy met my gedeel het en die pret wat ons gehad het, koester. (Ek is) vir altyd lief vir jou,” lui Aimee se twiet.

Carl het sy profielfoto op Twitter verander na een van hom en sy ouma. Hy het ook ’n gedig aan sy ouma opgedra.

In dié gedig beskryf hy sy ouma onder meer as gesellig, innemend en met ’n aansteeklike lag.

“Ek het jou die ‘Iron Lady’ genoem, maar jou nooit verontagsaam nie.

“Hoewel jy streng was, het ek by jou geleer dat dit liefde is wat ’n dapper man onderskei en nie die ‘hardheid’ van sy hart nie,” skryf Carl.

“Ek belowe ek sal die maniere onthou wat (van my) ’n man maak.”

Carl en Aimee se pa, Henke, sê sy skoonma was voor haar dood nie sieklik nie en het weens ouderdom gesterf.

“Sy was gelukkig om oud te word. Ons was geseënd om haar vir ’n lang tyd te hê.

“Joyce was ’n geliefde skoonma. Daardie stories van skoonma’s waarvan jy nie hou nie, dit was nie so met haar nie. Ons het ’n goeie verhouding gehad,” sê Henke.

Hy beskryf Bekker as ’n persoon wat altyd uit haar pad gegaan het vir haar gemeenskap en haar geliefdes.

Sy word deur haar oudste dogter, Diana Binge, en vyf kleinkinders oorleef. Haar ander dogter, Sheila Pistorius, is in 2002 dood, sê Henke oor sy eksvrou.

Bekker se man, Len, is ook jare gelede dood

Meer oor:  Twitter  |  Hulde  |  Ouma  |  Oscar  |  Suster  |  Broer  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.