Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ou kyse na 10j. saam matriekafskeid toe

Twee matriekleerlinge, onderskeidelik van Noordwes en die Vrystaat, het hul vriendskap hervat tien jaar nadat hulle mekaar se eerste “kys” in gr. 2 was, en saam ’n matriekafskeid bygewoon.

Hendré Böhme (18) van die Hoërskool Schweizer-Reneke het Irene Marais (18) verlede Saterdag na die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se afskeid vergesel.

Marais en Böhme het einde 2008 in ’n boomhuis in Schweizer-Reneke “uitgemaak” omdat sy na Thabazimbi in Limpopo sou verhuis.

Irene Marais en Hendré Böhme is hier op die matriekafskeid nadat hulle hul vriendskap ná tien jaar hervat het. Foto: Verskaf

“Ek het nog gesê ja, ek trek nou na ’n huis met ’n swembad,” vertel Marais.

Dié swembad het destyds weens die verhuising ’n pleister op Marais se hartseer geplak.

’n Dag daarna het een van Böhme se beste vriende Marais uitgevra.

“Ek het vir hom gesê ek het nie met haar uitgemaak nie en haar laat weet ons is weer saam,” sê Böhme.

Sommerso is hulle weer “saam” en Marais is na Thabazimbi sonder dat die twee mekaar “gelos” het.

Irene Marais en Hendré Böhme is nou weer so gemaklik met mekaar soos in hul boomhuisdae. Foto: Verskaf

Die Marais-gesin het in 2015 na Bloemfontein verhuis.

“Ons het mekaar in gr. 8 of 9 in ’n winkeltjie in die Krugerwildtuin raakgeloop en so tien minute gesels,” sê Marais.

Oor die jare heen het hulle egter nie kontak behou nie en gevoel hulle het mekaar ontgroei, sê sy.

Irene Marais en Hendré Böhme in gr. 2 toe hulle “gekys” was. Foto: Verskaf

En toe loop hulle mekaar in die April-vakansie in Hartenbos raak en herstel die vriendskapsband net daar.

Dié twee was daardie dag in Hartenbos by ’n restaurant so gemaklik met mekaar soos in hul boomhuisdae.

Marais het Böhme per WhatsApp na haar matriekafskeid gevra, want sy het verleë gevoel om dit in persoon te doen.

“Ek het dit glad nie verwag nie, omdat ons nie voorheen kontak gehad het nie,” sê Böhme.

Hy sê dit beteken vir hom baie dat hulle weer goeie vriende is.

Marais gaan volgende jaar optometrie aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en Böhme LLB aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

Meer oor:  Hoërskool Sentraal  |  Vrystaat  |  Noordwes  |  Matriekafskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.