Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Bok Carel du Plessis kry breinoperasie

Carel du Plessis (58), oud-Springbok- en WP-speler en afrigter, het Dinsdagoggend ’n breinoperasie in die Durbanville MediClinic ondergaan.

Dit is nie bekend waarom hy geopereer is nie.

Carel du PlessisFoto: Argief

Gert Smal, direkteur van Rugby by WP, wat saam met Du Plessis ’n WP-afrigter was, het Dinsdagmiddag die operasie bevestig.

Du Plessis se familie was by die hospitaal om hom te ondersteun en sal Woensdagoggend weer langs sy bed wees, het personeellede van die hospitaal gesê.

Du Plessis was in sy speeldae bekend as die prins van vleuels. Vanweë Suid-Afrika se sportisolasie het hy net 12 toetse tussen 1982 en 1989 gespeel, maar hy is in dieselfde asem as internasionale sterre soos John Kirwan (All Blacks) en David Campese (Australië) genoem.

Hy was ook ’n held op Nuweland, waar hy deel was van die WP se goue span wat die Curriebeker tussen 1982 en 1986 vyf keer agtereenvolgens verower het.

Du Plessis is in 1997 op verrassende wyse as Springbok-afrigter aangestel, maar ná ’n reeksnederlaag teen die Britse en Ierse Leeus en ’n sukkelvertoning in die destydse Drienasies-reeks, is hy later daardie jaar deur Nick Mallett vervang.

Hy het in 2003 en 2004 die WP afgerig, maar het die volgende jaar die trekpas gekry.

Hy is lid van ’n familie met sterk rugbybloed. Sy broers Willie en Michael het ook vir die Bokke gespeel, terwyl sy jongste broer, Jacques, vir die Oostelike Provinsie en WP Curriebeker-rugby gespeel het. Jean-Luc speel vir die Stormers en WP. Sy pa, Willie, het ook vir die OP rugby gespeel.

Die Du Plessis-broers Carel (links), Willie en Michael het in 1982 saam in die Curriebeker-eindstryd vir die WP teen Noord-Transvaal gespeel. Foto: Argief

Meer oor:  Gert Smal  |  Breinoperasie  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.