Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-burgemeester nog in hospitaal ná slangbyt

Marie Ferreira, oudburgemeester van Mosselbaai, is steeds in die hospitaal nadat ’n geelslang (Kaapse kobra) haar op 26 Desember gepik het.

Ferreira is op 26 Desember in die hoësorgeenheid van die Life Bay View-hospitaal op Mosselbaai opgeneem. Sy was in die tuin by haar huis op Hartenbos en wou ’n kraan by ’n fonteintjie oopdraai toe die slang haar aan die voet pik. Sy het hom glad nie gesien nie. Sy is na die hospitaal gehaas en ’n familielid het die brandweerdiens ontbied om die slang te verwyder.

Marie Ferreira

Die Mosselbaaise munisipaliteit het vroeër op sy Facebook-blad laat blyk dat Ferreira twee dosisse teengif gekry het.

Volgens die munisipaliteit is ’n Kaapse kobra agter klippe by die fonteintjie opgespoor, gevang en toe elders vrygelaat.

Die Bay View-hospitaal het Donderdag by navraag gesê Ferreira is steeds daar en haar toestand is stabiel.

Ferreira kon nie vir kommentaar bereik word nie. Sy het vroeër per WhatsApp gesê haar voet en been is nog geswel en seer, maar dat dit andersins met haar goed gaan.

Ferreira was van 2006 tot 2016 burgemeester van Mosselbaai. Haar man, Len, is in Maart 2017 dood.

Meer oor:  Kaapse Kobra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.