Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Grey Alex gesond ná 40 dae in waakeenheid

Selfs mense wat nie meer glo nie en lankal opgehou bid het, het begin bid. “Alex se lewe getuig daarvan.”

Só sê Hannali Els, ma van Alex, wat ná 40 dae in die Covid-19-waakeenheid van 'n ventilator gehaal is. Hy het Sondag ná 42 dae in die hospitaal as ’n gesonde man in ’n rolstoel uit die Bloemfontein Mediclinic gekom.

oud-grey, covid-19, alex els
Alex Els kort nadat hy ná 42 dae in die Mediclinic Bloemfontein ontslaan is.

Els, wat verlede jaar aan Grey Kollege gematrikuleer het nadat hy in gr. 11 sy been in ’n motorongeluk verloor het, is op 27 April opgeneem, positief getoets en op ’n ventilator geplaas.

Dit was twee dae nadat hy op ’n kamp na Doornkloof as deel van ’n Voortrekker-leierskapskursus vir matrieks sou gaan.

Hy het op 12 Maart ’n prostese gekry en van voor af geleer loop, juis ter voorbereiding van die kamp.

Hannali sê daar was twee weke waarin “niks gewaarborg was nie”.

“Dit het gewissel tussen uiters kritiek en uiters, uiters kritiek.”

Ná tien dae op die ventilator het hy ’n “traggie” (lugpypinsnyding) gekry wat eers verlede Woensdag verwyder is. Hy het met ’n boekie en pen gekommunikeer.

“Hallo, Ma,” was vir Els die mooiste woorde wat sy in haar lewe gehoor het.

Daar was veral kommer oor sy gesondheid omdat hy sedert die ongeluk 15 keer onder narkose was.

Hannali sê die gebedsgroepe waarvan hulle gehoor het, was natuurlik van Suid-Afrika, maar ook so ver as Amerika, Kanada, Australië, België en Nederland.

Van hulle is ou skoolvriende van Hannali, maar baie is ook vreemdelinge.

“Toe hy eers begin herstel, was dit baie vinnig,” sê sy.

Ook Rulof (24), sy ouer broer, en Lombard, sy pa, het positief vir die virus getoets. Hannali en hul jongste seun, NJ (gr. 11 in Grey) het egter die virus vrygespring.

Els neem ’n oorbruggingsjaar en beoog om kort kursusse te volg. Hy boer op ’n stukkie grond tussen Dealesville en Bloemfontein saam met Rulof.

“Dit was ’n gewik en weeg tussen geoktrooieerde rekenmeester en bourekeningkunde, maar ná dit alles het sy doelwitte verander.”

Die Vrystaat het tot op hede 104 073 Covid-19-gevalle en 4 452 sterftes. Daar is tans 9 119 aktiewe gevalle in dié provinsie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Waakeenheid  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.