Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Grey op ventilator: 'Dit gaan nie goed met Alex nie'

Dit gaan nie goed met Alex Els (19) wat ’n week gelede met Covid-19 in die hospitaal opgeneem is nie.

Hy het verlede jaar aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer. 

Hy is in Desember 2019 in ’n motorongeluk beseer en sy been moes geamputeer word.

LEES OOK: Grey-leerling ‘oorweldig’ deur omgee, besoeke

Alex se ma, Hannali Els, sê dit het Vrydag met Alex begin beter gaan en sy longe het op X-strale aansienlik gesonder gelyk.

Saterdag het sy toestand ongelukkig versleg en teen Sondag het dit glad nie goed gegaan nie.

Covid-19 is by Alex en sy pa, Lombard, gediagnoseer.

Alex Els (19) veg teen die Covid-19-virussiekte.

Alex het aanvanklik net ligte verkouesimptome gehad, maar teen 23 April het hy sieker geword en hy is op 25 April in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein opgeneem.

Lombard is in die hospitaal se Covid-saal opgeneem.

Els sê Lombard herstel goed en gebruik nou gewone suurstof terwyl hy vroeër op hoëvloei-suurstof was.

Alex is op ’n ventilator.

Sy sê dit is baie moeilik vir haar omdat sy nie haar man of seun kan besoek nie.

Willie Engelbrecht van die Voortrekkers het Sondag op Facebook gevra dat mense vir Alex bid omdat dit nie goed gaan met hom nie.

Alex is ’n toegewyde Voortrekker en ook baie lief vir boerdery.

Hy het in Maart vanjaar met sy kunsbeen leer loop.

Hannali sê Alex het goed reggekom met die prostese en dat hulle deurentyd baie versigtig was dat hy nie Covid-19 kry nie.

Hy het ná die motorongeluk 15 keer narkose gekry en hulle was bekommerd dat hy ernstig siek sou word as hy met die virus besmet word.

Sy sê die gesin was baie versigtig en weet nie hoe hulle dit opgedoen het nie.

Lombard en Alex het baie siek geword terwyl Alex se broer Rulof net ligte simptome ervaar het.

Hannali en die egpaar se jongste seun, MJ, het nie siek geword nie.


Meer oor:  Bloemfontein  |  Covid-19  |  Ventilator  |  Motorfietsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.