Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Grey wat been verloor, veg teen Covid-19
Alex Els
Alex Els, 'n oudleerling van Grey-kollege is weens Covid-19 in die waakeenheid van die Bloemfontein Mediclinic opgeneem.

’n Oudleerling van Grey-kollege wat sy been in 2019 weens ’n grusame motorongeluk verloor het, is kritiek siek aan Covid-19.

Alex Els (19) en sy pa, Lombard, is albei met Covid-19 in die Mediclinic Bloemfontein opgeneem.

Hannali Els, Alex se ma, sê Alex is op ’n ventilator en sy toestand is ernstig. Sy pa, wat in die Covid-19-saal behandel word, is op hoëvloei-suurstof.

“Lombard is ook ernstig siek, maar nie so erg soos Alex nie. Hy is stabiel en darem beter.”

Alex was verlede jaar in die nuus nadat hy sy been weens die ongeluk verloor het. Hy was toe 92 dae in die hospitaal en moes 15 keer narkose kry.

Hannali sê hulle was nog altyd bekommerd oor Covid-19 omdat Alex so baie narkose gekry het en omdat hy oorgewig is.

Hy het op 21 April ’n ligte verkoue gekry, maar teen verlede Vrydag sieker geword. Hy is Sondag in die waakeenheid opgeneem.

“Dis baie moeilik, ’n mens kan nie by hom kom nie.”

Alex se broer Rulof is positief vir die virus getoets, maar het net baie lig siek geword.

“Ons weet nie waar hulle dit gekry het nie. Ons was altyd baie versigtig.”

Hannali en die egpaar se jongste seun, MJ, het nog nie siek geword nie.

Dis baie moeilik, ’n mens kan nie by hom kom nie.

Sy sê Alex is ’n vegter wat verlede jaar baie uitdagings te bowe moes kom. Hy het op 12 Maart sy prostese gekry en goed begin aanpas.

“Hy het al sterk geloop.”

Hannali sê die gesin word ongelooflik deur mense van oor die wêreld heen ondersteun.

“Mense stuur boodskappe uit Amerika, Australië en Nieu-Seeland, selfs mense wat ek nie ken nie.”

Die Grey-gemeenskap en Alex se Voortrekker-maats ondersteun hulle ook, sê sy.

Die Voortrekkers het nadat dit bekend geword het dat Alex siek is in ’n sirkel gestaan en elkeen het vir hom gebid.

Hy is ’n Voortrekker in murg en been, sê sy ma.


Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.