Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-polisieman (38) dood ná hy van brug spring
Die Toyota Yaris staan Dinsdag verlate op die Gouritsrivier-brug op die N2 tussen Albertinia en Mosselbaai. Foto: Kenny Africa

’n Voormalige polisieman se lyk is onder die Gouritsrivier-brug op die N2 gekry nadat sy motor verlate met die sleutel daarin op die brug aangetref is.

Melikhaya Mapete (38) van Kwanonqaba in Mosselbaai, was ’n sersant by die polisiekantoor in Kwanonqaba, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, was Dinsdagoggend in digte mis van George af in die rigting van Kaapstad onderweg toe hy die Toyota Yaris langs die geel sperstreep sien. Hy het omgedraai en by die motor stilgehou.

Daar was niemand in die motor nie, maar die sleutels wel. Die verkeersafdeling het met behulp van die registrasienommer die eienaar se adres gekry. “Ek het ’n verkeersbeampte van Mosselbaai opdrag gegee om na die huisadres te gaan. Daar het ’n vrou bevestig dat haar man nie die vorige aand, Maandagaand, huis toe gekom het nie.”

Africa het die polisie gekontak, waarna die honde-eenheid en die EMS-nooddiens na die bestuurder gesoek het.

Mapete se lyk is onder die brug tussen bosse gevind. Hy het vermoedelik Maandagaand reeds sy lewe geneem deur van die brug af te spring. Hy is Maandag die laaste keer lewend gesien.

* Op 20 Februarie 2017 is die lyk van die 28-jarige Madelein Pienaar van Riversdal onder die treinbrug langs die Gouritsrivier-brug op die N2 gevind. Haar motor is in die parkeerterrein gevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.