Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Sewes-Bokke se pa gehuldig

Huldeblyke stroom in vir ’n bekende rugby-afrigter, Ian Adendorff (60), pa van die twee voormalige Sprinbok-sewesspelers, Shaun en Ian jnr.

Adendorff het sy stryd teen longkanker verloor.

Hy is op 19 Desember omstreeks 23:00 in die Westville Life-hospitaal in Durban dood.

Adendorff het op 1 November sy 60ste verjaardag gevier. Longkanker is in Maart 2018 by hom gediagnoseer.

Sy suster, Alice Adendorff, van George sê haar broer het gesond geleef, nooit gerook nie en was elke dag in die gimnasium.

Ian Adendorff (heel regs), sy vrou Wilma (naaslinks), met hul seuns Shaun (links) en Ian jnr. (naasregs). Foto’s: Verskaf

“Dit is hoekom dit vir ons almal so ’n groot skok was. Hy het baie hard geveg teen die siekte.”

Volgens haar het Adendorff snr. eers in sy middel 40’s begin rugby afrig. Hy was betrokke by skole, klubs en universiteitsrugby.

In die hospitaal is hy onder meer besoek deur die voormalige Springbok-kaptein Warren Whiteley wat vriende met Ian jnr. is.

Volgens Alice het Shaun op 19 Desember van Frankryk waar hy deesdae rugby speel in Suid-Afrika aangekom. “Hy is dadelik hospitaal toe. ’n Uur nadat hy die hospitaal verlaat het is sy pa oorlede,” sê sy.

“Ian jnr. wat rugby in die VSA afrig kom op 26 Desember in Suid-Afrika aan.”

Volgens Alice was haar broer ’n familieman wat sy familie soos ’n rugbyspan hanteer het.

“Hy het geglo jou familie is jou eerste span. Hy was ook ’n mentor en vaderfiguur vir baie jong rugbyspelers oor die kleurgrens heen. Hy het geglo jy help waar jy kan. Hy was ’n pa vir hulle. Hy was ook baie lief vir Afrikaans en pynlik netjies.”

Op Facebook het Shaun Adendorff onder meer oor sy pa geskryf: “. . . ek is so dankbaar vir elke sekonde wat hy in my lewe was” en “Vir jou sê ons rus in vrede legende, omdat jy die titel verdien het. Ek is lief vir jou pa.”

’n Gedenkdiens word op 27 Desember om 11:30 by die Hoërskool Glenwood in Glenwood, Durban gehou en daarna ’n geselligheid by die Harlequins-sportklub op die Bluff.

Adendorff word oorleef deur sy vrou, Wilma, ’n onderwyseres by die Hoërskool Glenwood, twee seuns, asook twee kleinseuns.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.