Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Springbok dood aan hartaanval
Theunis Briers op die veld. Foto: Verskaf

Theunis Briers (89), ’n voormalige Springbok-rugbyspeler, is Sondagoggend aan ’n hartaanval dood.

Volgens Briers se dogter, Salome Weideman, is haar pa by sy huis in Bloubergstrand in die Wes-Kaap dood. “Dit was baie onverwags.”

In 1955 het Briers in al vier toetse teen die Leeus in Suid-Afrika gespeel, en in 1956 teen Nieu-Seeland uitgedraf. Hy het vyf drieë in sewe toetse gedruk.

Briers, wat in die Paarl gebore is, het voorheen geboer. Die begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Meer oor:  Sterfgeval  |  Hartaanval  |  Oud-Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.