Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Springbok Johan Claassen sterf op 89
Johan Claassen in 2013.Foto: Argief

Die oud-Springbokkaptein Johan Claassen is Sondag in Pretoria dood. Hy was 89.

Die oud-Springbokkaptein Johan Claassen..Foto: Verskaf

“My pa was my rots en die rede hoekom ek moeilike omstandighede regdeur my lewe kon trotseer. Hy het my geleer van aanhou en uithou. Hy was ’n ‘gentle giant’,” het ’n hartseer Berna Daly, Claassen se dogter, aan Netwerk24 gesê.

Claassen het as slot vir die destydse Wes-Transvaal uitgedraf voordat hy die Groen-en-goud oor sy kop getrek het.

Volgens Daly, ’n voormalige gouemedaljewenner van die Comrades, het Claassen se gesondheid die afgelope ruk baie agteruitgegaan nadat hy vog op die brein opgedoen het ná ’n operasie in 2017.

“Ek gaan hom ontsettend baie mis. Hy het nooit ’n lelike woord geuiter nie. Ek dink die ergste vloekwoord wat hy ooit gesê het, was ‘blikskottel’. My pa het ’n nou paadjie met die Here geloop – dis juis waarom ander rugbyspelers hom ‘Die Pous’ genoem het. Hy was ’n professor in Bybelkunde op Potchefstroom waar hy die grootste deel van sy lewe gewoon en gewerk het,” het Daly gesê.

“Johan was ’n man van vele talente,” het Herman le Roux, oud-sportskrywer, gesê.

Le Roux het sedert 1958, toe hy die eerste keer oor Claassen berig gedoen het, kontak met hom behou. “Ek het ’n storie oor Johan gedoen toe hy in 1958 die eerste keer kaptein van die Springbokspan geword het. Ek onthou nog dat ek vir Die Volksblad in Bloemfontein na Potchefstroom toe gery het vir die onderhoud.

“Johan het my baie beïndruk. Hy was nie net ’n formidabele kaptein en slot nie, maar het ook later as afrigter en bestuurder van die Springbokke nuwe hoogtes bereik,” het Le Roux gesê.

Claassen, het in 28 toetse vir die Springbokke uitgedraf, in nege as kaptein. Sy laaste toets vir Suid-Afrika was in 1962. Hy word oorleef deur sy vrou, Ada, vier kinders, 12 kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Meer oor:  Johan Claassen  |  Huldeblyk  |  Oud-Springbok  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.