Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Tralie wéér SA Alpynse dubbele skikampioen

Dit was omtrent ’n avontuur toe die hyser na die steilste helling by die suidelike Drakensberge by Tiffendell breek en die skiërs moes plan maak om bo uit te kom.

Van links is Nombulelo Mkhentane (tweede plek), Elizabeth Olivier (eerste plek) en Hanlé van der Merwe (derde plek) wat Sondag in die nasionale en nasionale junior kampioenskap by die Tiffendell-ski-oord by die suidelike Drakensberge deelgeneem het. Foto: Johan Olivier

Elizabeth Olivier (20) en ander plaaslike skiërs moes Sondag met die afskop van die nasionale kampioenskap self by die beginpunt 2 850 m bo seespieël uitkom.

“Boere met bakkies het aangebied om ons boontoe te neem. Dit was groot pret!”

Elizabeth, ’n derdejaarstudent in bedryfsingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria, het vir ’n tweede agtereenvolgende jaar eerste gekom in die nasionale kampioenskap én nasionale junior kampioenskap, wat haar die SA Alpynse Junior skikampioen vir 2019 maak.

Elizabeth het in Februarie 2016, die jaar toe sy aan die Hoërskool Sentraal gematrikuleer het, Suid-Afrika op die Jeug Olimpiese Spele in Noorweë verteenwoordig.

Fronika Heath, ’n onderwyser aan die wintersport-akademie, sê Elizabeth het ’n ski-helling waarop die helfte van die mansdeelnemers Saterdag, in ’n internasionale kompetisie, nie kon oorkom nie, vier maal suksesvol voltooi.

“Gaste by die oord ski van 2 790 m. Vir die reeks internasionale kompetisies is die wegspring by 2 850 m – dus 60 m hoër en op die steilste gedeelte van die Suidelike Drakensberge by Tiffindell.”

Boonop moet hulle die beste lyn volg tussen ’n reeks hekke deur. Daar is ook twee verskillende roetes vir die dag se skilope, opgestel deur internasionale afrigters.

“Dis skrikwekkend hoog, voorwaar ’n toets in moed en vaardigheid,” sê Heath.

Elizabeth Olivier (20), oorspronklik van Bloemfontein, het vir die tweede agtereenvolgende jaar eerste gekom in die nasionale kampioenskap 'n die junior nasionale kampioenskap wat Sondag by die Tiffendell-ski-oord gehou is. Foto: Johan Olivier

Christina Olivier, Elizabeth se ma, sê sy en Johan, haar man, is twee “ongelooflik trotse” ouers.

“Sy het vier hoërskooljare opgeoffer en alles ingesit om by die akademie te oefen vir die Winter Jeug Olimpiese spele. Selfs nou met haar druk akademiese universiteitsprogram gebruik sy elke geleentheid moontlik om te ski.

“Ons verwag nog groot dinge op sport en akademiese gebied.”

Kort op Elizabeth se hakke was Nombulelo Mkhentane, in die tweede plek, slegs 0,46 sekondes agter die wenner. Nombulelo is van Barkly-Oos. In die derde plek was die jong skiër, Hanlé van der Merwe, van die Morgenzon-plaas naby Barkly-Oos.

Sonwabile Mbaliswana (20), ’n matrikulant van Barkly-Oos, is die tweede opeenvolgende jaar die eerste man in die nasionale kampioenskap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.