Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oud-Zuma-segsvrou in vangwa gegooi oor rekening

’n Onbetaalde rekening by ’n restaurant – dít is waarom oudpres. Jacob Zuma se voormalige beeldpoetser en woordvoerder Woensdagnag in hegtenis geneem is.

Die inskrywing op Facebook.

Sers. Mduduzi Zondo, woordvoerder van die Hillbrow-polisiekantoor, het die klag deur The Jolly Roger-restaurant in Parkhurst, Johannesburg, teen Liesl Göttert rakende die ontduiking van betaling, bevestig.

Göttert het haar noodkrete in die vroeë oggendure op Facebook geplaas terwyl sy in die polisievangwa gesit en wag het.

Harry Joubert, ’n kennis, het die inskrywing gesien en haar Donderdagoggend te hulp gesnel om die borgtog van R1 000 te betaal.

Volgens Joubert was die inhegtenisneming “weens ’n rekening van R112 vir wyn” wat Göttert bestel het.

Zondo het nie die besonderhede rakende die klag bevestig nie, omdat dit nog ondersoek word.

“Ek is by Parkview in hegtenis geneem en opgefoeter. In ’n polisievangwa gegooi. Geen verduideliking nie. Ek is op pad na Hillbrow-polisiekantoor,” lui Göttert se een inskrywing wat Donderdagoggend omstreeks 03:00 op Facebook geplaas is.

liesl gottert
So het die ander inskrywing op Facebook gelui.

In ’n ander inskrywing skryf sy sy het ’n afspraak gehad om die finansiering van ’n draaiboek wat sy geskryf het, te bespreek. Sy het by The Jolly Roger gesit en wag, maar niemand het opgedaag nie.

“Hulle (die restaurant) het gevra ek moet die rekening betaal. Ek het aangebied om ’n elektroniese oorbetaling te doen, wat hulle nie aanvaar het nie. Hulle het die polisie gebel. (My) in die vangwa gegooi. Mishandeling, beledigings en karnuffelry,” lui haar inskrywing.

Liesl Gottert
Die inskrywing op Facebook.

Joubert het aan Netwerk24 gesê hy kon nog nie met Göttert praat nie en wag dat die polisie haar vrylaat.

Zondo het gesê bewerings dat die polisie Göttert mishandel het, is onwaar.

  • Volg Netwerk24 vir meer hieroor.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.