Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudhoofmeisies van Bloem verongeluk dae uit mekaar

Gedenkdienste is Vrydag vir twee oudhoofmeisies van die Hoërskool Fichardtpark gehou nadat hulle verlede week in twee afsonderlike motorongelukke gesterf het.

Marezanne Lingenfelder (40), hoofmeisie in 1995, en dr. Sarien Pretorius (26), hoofmeisie in 2010, is onderskeidelik verlede Saterdag en voorverlede Donderdag in ongelukke in Midrand en op die N4-hoofweg buite Brits oorlede.

Abrie Myburgh, onderhoof van die skool, sê dit is ’n groot slag vir die skool om twee van hul topleerlinge wat werklik ’n verskil gemaak het, in een week te verloor.

Dr. Sarien Pretorius Foto: Facebook

“Hulle het ’n groot bydrae tot die skool en gemeenskap gelewer en die wêreld is armer sonder hulle.”

Hy het namens die skool simpatie met die families betuig.

Pretorius, ’n mediese dokter by die Job Shimankana Tabane-hospitaal op Rustenburg, is Donderdag omstreeks 14:00 op die N4-hoofweg buite Brits oorlede nadat ’n ander voertuig in haar vasgery het.

Sy is op die toneel oorlede.

Liesbet Pretorius, haar ma en ’n onderwyser aan die hoërskool waar sy gematrikuleer het, sê haar dogter se skielike dood is steeds onwerklik.

“Dit is ’n moeilike tyd en ons is steeds in skok oor haar skielike afsterwe.”

Sy sê haar dogter was op pad na die O.R. Tambo-lughawe. Sy sou later die aand vir ’n vakansie na Griekeland vertrek.

Marezanne LingenfelderFoto: Verskaf

Sy het Sarien as ’n positiewe, gelowige, sprankelende, nederige, opgewekte en geliefde mens en kind beskryf.

“Haar omgee, omgang met mense en sprankelende persoonlikheid word reeds gemis.”

Sy is Vrydag omstreeks 11:00 uit die NG Kerk Fichardt-Kruin begrawe.

Terselfdertyd is ’n gedenkdiens vir Lingenfelder, ’n sportonderwyser aan die St. Teresa’s School in Rosebank, Johannesburg, in die Rooms-Katolieke kerk in Rosebank gehou. Sy sal veras word.

Vier van haar geliefde Australiese herdershonde is ook in die ongeluk dood.

Sy het verlede Saterdag omstreeks 03:00 van Bloubosrand in Johannesburg na die Midrand-omgewing getrek toe die botsing reg van voor met ’n viertrekvoertuig plaasgevind het.

Ruan Lingenfelder, haar broer, het haar as ’n liefdevolle mens beskryf wie se grappies hy sal mis.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Motorongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.