Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudkrieketafrigter in ongeluk dood

Shukri Abrahams (50), voormalige krieketafrigter en krieketspeler van Port Elizabeth, is Sondagaand in ’n motorongeluk dood.

Die ongeluk het om 23:15 op die N2 naby die Palmietvlei-brug in die omgewing van Kareedouw gebeur.

Shukri AbrahamsFoto: Facebook

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê Abrahams se Opel Corsa en ’n Scania-vragmotor het teen mekaar gebots.

Die vragmotor het na verneem word kraglyne na Humansdorp vervoer, en het met die ongeluk die pad verlaat en by ’n wal afgerol voordat dit tot stilstand gekom het.

Twee beseerdes (onderskeidelik 21 en 23 jaar oud) is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens Swart is Abrahams op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen.

“Die polisie in Kareedouw ondersoek ’n klag van strafbare manslag,” sê Swart.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Ongeluk  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.