SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
Oudlugmaghoof James Kriel sterf
Lt.genl. James Kriel Foto: Kol. André Kritzinger

Lt.genl. James Kriel (74), voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag, is ná ’n kort siekte in Bredasdorp oorlede.

Kriel se vrou, Nellie, sê hy het longontsteking ontwikkel en is Maandag oorlede.

Die begrafnisdiens is vandag om 11:00 uit die NG kerk in Bredasdorp.

Kriel was van 1 November 1991 tot 30 April 1996 die hoof van die lugmag en het in dié tyd verskeie dekorasies en medaljes ontvang.

Hy het in 1994 een van die hoogste militêre toekennings van Suid-Afrika, die Ster van Suid-Afrika (Silwer), ontvang wat deur die staatspresident toegeken is. Dit is ’n militêre toekenning vir uitnemende merietediens. Hy het ook die Suiderkruis-medalje, wat in die vorige bedeling vir uitnemende diens toegeken is, en die Pro Patria-medalje – vir grensdiens in die Grensoorlog – ontvang.

Hy het in 1959 by die voormalige Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit.

Van 1974 tot 1977 het hy in 35 Eskader in Ysterplaat ’n Avro Shackleton gevlieg.

Later jare was hy die bevelvoerder van die Ysterplaat-lugmagbasis en is hy ook na die lugmag se hoofkwartier in Pretoria bevorder waar hy as brigadier die direkteur van lugbeplanning was.

Hy laat sy vrou, twee dogters, Nerina en Talitha, en ’n seun, James, agter. 

Meer oor:  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.