Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudmin. Lapa Munnik oorlede
Dr. Lapa Munnik, voormalige minister van gesondheid, is verlede Dinsdag in Somerset-Wes in die ouderdom van 90 ná ’n kort siekte oorlede.

Kaapstad. – Dr. Lapa Munnik, voormalige minister van gesondheid, is verlede Dinsdag in Somerset-Wes in die ouderdom van 90 ná ’n kort siekte oorlede.

Munnik is in 1979 deur PW Botha, destydse eerste minister, as minister van gesondheid aangestel en later ook as minister van kommunikasie en openbare werke.

Onder sy leierskap is onder meer die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad en talle daghospitale opgerig. Hy was ook aan die stuur van die opruimingspoging ná die Laingsburg-oorstroming en betrokke by die uitbreiding van die Delvillebos-gedenkteken in Frankryk in 1986.

“My pa was ongelooflik lief vir sy land. Hy het nooit onderskeid getref tussen mense nie en het hul waardigheid raakgesien en niemand veroordeel nie. Hy was op koningin Elizabeth se 21ste verjaardag, maar het ook snags babas gevang in die Transkei-berge,” het sy dogter, Hettie Joubert, gesê.

“Hy het hom nooit eintlik aan bande laat lê wat ras betref nie. Hy het byvoorbeeld die Cecilia Makiwane-hospitaal in Oos-Londen laat bou en hulle wou dit aanvanklik na hom vernoem. Dit was sy voorstel dat dit na die eerste geregistreerde swart verpleegster vernoem word. Dit was ook hy wat byvoorbeeld die Somerset-hospitaal vir radiografiste vir ander rasse oopgestel het.”

Munnik het sy politieke loopbaan in 1962 as lid van die Volksraad (LV) in die kiesafdeling Aliwal-Noord begin. Hy het later ook Durbanville en Caledon in die Volksraad verteenwoordig. Hy het in 1975 administrateur van Kaapland geword en vier jaar later minister.

Munnik en sy vrou, Annes (91), het ná sy aftrede in 1986 op hul familieplaas buite Dordrecht gaan woon. Hulle het later na ’n aftreeoord op Somerset-Wes verhuis.

Meer oor:  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.