Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudpremier van Wes-Kaap sterf

Gerald Morkel, ’n voormalige Wes-Kaapse premier en burgemeester van Kaapstad, is in die ouderdom van 76 oorlede.

’n Raadslid naby aan Morkel se familie het sy dood aan News24 bevestig.

Morkel het in 2011 as ’n DA-lid uit die politiek getree.

Hy het voor dit ook bande met die Arbeidersparty, Nasionale Party (NP) en Nuwe Nasionale Party (NNP) gehad.

Morkel het die DA in die Wes-Kaap tussen 1998 en 2001 gelei. Hy is gedwing om sy pos as die provinsiale leier van die DA in die Wes-Kaap te ontruim nadat sy omstrede vriendskap met die Duitse miljardêr Jurgen Harksen ’n politieke storm ontketen het.

Harksen is in Duitsland van bedrog en belastingontduiking aangekla.

Morkel is op 2 Februarie 1941 gebore.

Hy het volgens eNCA teen 1994 van die Arbeidersparty na die NP oorgeloop en is in 1998 as leier van die NNP aangestel nadat hy die leisels as die Wes-Kaapse premier by Hernus Kriel oorgeneem het.

Geen party kon in 1999 ’n meerderheid in die Wes-Kaap kry nie, waarna die NNP ’n koalisie met die Demokratiese Party begin het. Die leierskap van die NNP het in 2001 besluit om hom van ’n beplande samesmelting onder die naam van die Demokratiese Alliansie (DA) te onttrek.

Morkel was sterk hierteen gekant en het besluit om hom by die DA te skaar.

Meer oor:  Gerald Morkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.