Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudregter Arrie Hattingh dood

Oudregter Arrie Hattingh (74) is Maandagoggend in sy huis in Stanford in die Wes-Kaap dood nadat sy gesondheid die afgelope tyd stelselmatig agteruitgegaan het.

Hy het aan diabetes gely en het ook sowat twee jaar gelede ’n beroerte gehad.

Oudregter Arrie Hattingh en sy vrou, Carolien.

Regter Hattingh, wat vir 52 jaar lank in Bloemfontein gewoon het, het in 2015 na Onrus by Hermanus verhuis. Die afgelope twee jaar het hy en sy vrou, Carolien, in Stanford gewoon.

Hy het vir 18 jaar in Bloemfontein as advokaat gepraktiseer voordat hy as regter in die Vrystaatse hooggeregshof aangestel is. Hy het dié amp vir 22 jaar beklee.

As regter in die hof was hy streng en het hy in sy uitsprake nie omgegee as hy dalk op tone getrap het wanneer hy ’n standpunt ingeneem het nie.

Hy is ’n oudstudent van die Universiteit van die Vrystaat waar hy ook in die 1960’s sy vrou ontmoet het terwyl sy ’n student in maatskaplike werk was.

Franz Hattingh sê sy broer se toestand het die afgelope tyd baie verswak. Ná die beroerte was sy broer in ’n rolstoel en het hy die afgelope tyd moeilik gepraat.

Die Hattingh-egpaar se drie seuns, Francois, Gerhard en Arnold, en hul gesinne het almal sowat twee weke gelede by hul ouers gekuier.

Op sy dag het regter Hattingh ’n wye belangstelling gehad. Hy het gevlieg en het vliegtuie soos ’n Bonanza, Tiger Moth, Chipmunk en Cessna besit.

Hy het ook tydverdrywe soos jag, motorfietsry, pottebakkery, loodglaswerk, skilderkuns, houtwerk en fotografie beoefen.

Meer oor:  Stanford  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.