Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudregter-president Steenkamp gegroet
Die naasbestaandes van oudregter-president Appie Steenkamp wat by die gedenkdiens was, is van voor links: Bettie, weduwee, en Jan en Anelise Steenkamp, seun en skoondogter; agter: adv. Marthinus en Leandi Steenkamp, seun en skoondogter en Pieter Steenkamp, seun.Foto: Charné Kemp

Die Noord-Kaapse oudregter-president Appie Steenkamp (85) is Vrydag op ’n gedenkdiens onthou as ’n streng regsgeleerde, maar iemand wat deernis vir sy medemens gehad het.

’n Minuut van stilte is vir die ontslape regter gehou.

Hy is op 31 Maart in sy slaap dood.

Regter-president Frans Diale Kgomo het in die hooggeregshof in sy huldeblyk vertel hoe hy vir Steenkamp in 1978 in die destydse Bophuthatswana leer ken het.

“Hy was vir my as ’n landdros ’n leermeester. Hy het vereis dat ons gestruktureerd, oordeelkundig en professioneel optree. Sy kritiese

Die Noord-Kaapse regter-president, Frans Kgomo, en ’n volbank regters het ’n gedenkdiens vir oudregter-president Appie Steenkamp gehou. Foto: Charné Kemp

benadering het ons in regstoepassing gehelp.

“Hy was nugter oor die wet en deeglik wat die feite betref. Hy kon kwessies vinnig uitsnuffel en vinnig tot die slotsom kom.

“Hy kon nie onvoorbereide regsgeleerdes verduur nie, tog sou hy net in uiterste gevalle van laksheid sy pen in gal doop.”

Steenkamp kon ook baie verhale van sy dae in Namibië en “hierdie geweste” vertel. Hy is in Calvinia gebore waar Engels “net vir selfverdediging” gebruik is.

“Hy het eenkeer aan ’n getuie, wat in Engels oor ‘samples’ getuig het, gevra: “How many monsters were there?

“Ek het hom net eenkeer emosioneel gesien. Dit was die dag toe ek gesê ek sal nie teen hom staan vir die pos as regter-president nie.

“Hy het met sy aftrede ’n pragtige getuigskrif vir my geskryf toe ek aansoek vir die pos gedoen het. Dit is hoe die storie van die leermeester en die leerling eindig. Ek wens hy kon vandag hier langs my sit, maande voor ek self aftree.”

Adv. Johan van Niekerk, SC, van die Noord-Kaapse Vereniging van Advokate het vertel hoe baie hy by Steenkamp as jong regsgeleerde geleer het.

“Hy het die diepste van spore getrap. Dit sal moeilik, indien ooit, uitgevee word.”

Divvie Pretorius van die Sirkel 16-prokureurs het ook namens Peter Horn gepraat.

“Die regter het ’n baie menslike sy gehad. Hy het die hof toeganklik vir die publiek gemaak sodat hulle geregtigheid kon sien geskied.”

Adv. Hannes Cloete het namens die direkteur van openbare vervolging en adv. Abrie Botha gesê Steenkamp het geglo dat dinge onmiddellik gedoen en nie uitgestel moet word nie.

“Hy het nie gewildheid nagestreef nie. Hy het geglo dat die waarheid sal uitkom wanneer mense van mekaar mag verskil.”

Die Noord-Kaapse regter-president, Frans Kgomo, ’n volbank regters en ander regsgeleerdes het ’n gedenkdiens vir oudregter-president Appie Steenkamp gehou. Hulle is van links, voor: regter Cecile Williams, Bettie Steenkamp, weduwee, regter-president Kgomo en regter Johann Olivier; agter: Divvie Pretorius, adv. Hannes Cloete, regter Violet Phatsoane en Mpho Mamoseba, waarnemende regters Sharon Erasmus en Janine Snyders, regter Bulelwa Pakati, adv. Johan van Niekerk, SC, en waarnemende regter Zanele Mdlokovane. Foto: Charné Kemp

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Dood  |  Gedenkdiens  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.