Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geliefde oudhoof val van dak, sterf

’n Geliefde oudskoolhoof van Laerskool Concordia in Boksburg is Dinsdag in ’n fratsongeluk by sy huis in George dood.

Christo Lodder (65) het van sy huis se dak af geval.

Lodder, wat langer as 20 jaar skoolhoof was by Laerskool Concordia, het in 2019 ná sy aftrede George toe getrek.

Lodder se broer, ds. Danie Lodder, het Woensdag gesê Lodder is ’n boorling van Johannesburg en het sy onderwysgraad aan die Goudstadse onderwyskollege voltooi.

“Hy was ’n ‘legend’. Ons kon saam droom oor hoe ons lewens sou verander,” vertel hy oor sy broer.

Christo Lodder (65). Foto: Verskaf

Lodder word deur baie beskryf as ’n skoolhoof wat geleef het vir die leerlinge. Hy was naweke langs die sportveld en het rugby, krieket en atletiek afgerig.

Charel Blignaut, wat die leisels as skoolhoof oorgeneem het, sê Lodder se dood is ’n skok vir almal. “Hy was 100% gesond.”

Blignaut sê Lodder het erkenning gekry terwyl hy nog geleef het toe ’n sentrum by die skool na hom genoem is. Dit is ’n teken dat die gemeenskap hom gesien het as ’n meester.

Blignaut sê hy het baie by Lodder geleer.

“Hy het ’n hart vir kinders en die gemeenskap gehad. Hy het ’n passie vir elke kind gehad. Hy het altyd die kinders gegroet. Hy het geleef vir Concordia,” sê Blignaut.

Warren Potgieter, ’n oudleerling, praat ook met lof oor Lodder.

“Hy was ’n leier deur en deur. Hy was ’n besige mens. Ek onthou sy vinnige stappie op die skoolterrein.”

Potgieter het in gr. 3 by Laerskool Concordia aangesluit toe sy ouers vir hom ’n skool gesoek het wat rugby aanbied.

Hy was Concordia. Sy voetspore gaan nog lank daar wees.

Die uitdaging vir Potgieter was dat hy van ’n Engelse skool gekom het en bitter min Afrikaans verstaan het, maar Lodder het gesê hy sal alles in sy vermoë doen om hom te help.

Potgieter sê hy onthou hoe Lodder hom by elke wedstryd ondersteun het. Hy sê Lodder se dood is ’n groot verlies. “Hy het Concordia een van die beste skole aan die Oosrand gemaak.”

Nadia Janse van Rensburg, voorsitter van die beheerliggaam, sê Lodder het diep voetspore by Concordia getrap.

“Hy was Concordia. Sy voetspore gaan nog lank daar wees.”

Boodskappe van medelye het intussen op die Laerskool Concordia se Facebookblad ingestroom nadat die skool die nuus oor Lodder se dood gedeel het. Sommige deel hul herinneringe en ander salueer die oudskoolhoof vir die merkwaardige impak wat hy op die skoolgemeenskap gehad het.

Meer oor:  Christo Lodder  |  Oudskoolhoof  |  Boksburg  |  Dak  |  Val  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.