Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudtshoorn-man met Covid-19 in hospitaal vorder goed

Hulle is baie dankbaar vir sy ongelooflike vordering en weet dat baie mense hom in hul gebede opdra, sê Riana Terblanche van die Oudtshoorn-distrik.

Kobus Terblanche. Foto: Facebook

Haar man, Kobus Terblanche (63), is verlede Dinsdag met die gevreesde koronavirussiekte Covid-19 opgeneem in die waakeenheid van die Mediclinic George, waar hy aan ’n ventilator gekoppel was.

Volgens sy vrou het hulle geen benul waar hy die virus opgedoen het nie. Hy is verlede week dokter toe nadat hy begin sleg voel het.

“Dit gaan baie goed met hom,” sê sy. “Hy is van die ventilator af en ons kon al met hom gesels. Ons wil almal bedank wat vir hom in hierdie tyd bid.”

Volgens haar is almal wat regstreeks in kontak met haar man was, steeds gesond en in isolasie.

Terblanche is een van twee mense in Oudtshoorn by wie die siekte gediagnoseer is.

Na verneem word, is die ander persoon ’n vrou, wat tans in self-isolasie is. Terblanche was aanvanklik in die Mediclinic Klein Karoo opgeneem, waarna hy na George oorgeplaas is.

* Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Maandag in ’n verklaring gesê dat daar 53 bevestigde gevalle van Covid-19 in die Tuinroete is. Dit sluit vyf gevalle in Bitou (Plettenbergbaai), 12 in Knysna, 13 in George, twee in Oudtshoorn, 16 in Mosselbaai en vyf in Hessequa (wat dorpe soos Riversdal en Heidelberg insluit) in.

Daar was Maandag altesame 475 gevalle in die Wes-Kaap. Massatoetsing het Dinsdag in verskeie gebiede in die provinsie voortgegaan.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.