Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers dankbaar vir hulp ná seun se ontvoering

Die ouers van Lindokuhle Masuku (14), die leerling wat Maandag by die Queens High School in Johannesburg ontvoer is, is dankbaar dat hy veilig en ongedeerd tuis is.

Sy pa, Mthandeni Masuku, het Woensdag aan Netwerk24 gesê hy is bly die nagmerrie is verby.

“Sy ontvoering was pynlik, emosioneel en traumaties. Ons sien uit dat alles nou na normaal terugkeer,” sê hy.

“Ek bedank die gemeenskap, ons bure, ons vriende en die kerk vir hul bystand in hierdie moeilike tyd. Maar die heel belangrikste is om vir God dankie te sê dat Lindokuhle veilig tuis is. Ons is Hom ewig dankbaar daarvoor.”

Portia Hlatshwayo, Lindokuhle se ma, was Woensdag met Netwerk24 se besoek aan die gesin se huis in Soweto steeds baie getraumatiseerd.

Lindokuhle Masuku
Lindokuhle Masuku kom Woensdagmiddag saam met sy ma, Portia Hlatshwayo, by sy ouerhuis in Soweto aan. Foto: Felix Dlangamandla
Sy ontvoering was pynlik, emosioneel en traumaties. Ons sien uit dat alles nou na normaal terugkeer.

“Ek sê ook dankie aan al die mense wat ons bygestaan het, maar spesifiek die media. Julle was almal baie dapper om na hom te help soek en ons waardeer dit. Julle het ons gehelp om my seun te vind,” sê sy.

Masuku en Hlatshwayo wou egter nie oor die omstandighede waaronder hul seun ontvoer is, uitbrei nie.

“Die polisie het ons versoek om geen inligting hieroor te deel nie, omdat dit die ondersoek kan beïnvloed,” sê Hlatshwayo.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het Woensdag in ’n mediaverklaring gesê Lindokuhle is Dinsdagmiddag voor sy skool ontvoer.

Lindokuhle is Woensdag by die Maponya Mall in Soweto gekry.

“Ons is steeds onseker wat die omstandighede rondom sy ontvoering is, en die polisie ondersoek dit steeds. Ons sal meer inligting bekend maak sodra die polisieondersoek afgehandel is,” sê Mabona.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n klag van ontvoering.

“Enigiemand met inligting rakende Lindokuhle se ontvoering word versoek om die Stop Misdaadlyn by 0860 10111 te skakel,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.