Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers gedenk Reeva ná 5 j. met rose en vere

Selfs ’n eenvoudige advertensie oor die plaaslike bruidskou is genoeg vir haar ma om die verlange na Reeva Steenkamp te laat oorborrel.

Dit was Woensdag vyf jaar sedert Reeva Steenkamp vermoor is. Haar ma, June (voor), Tania Koen (middel), hul prokureur, en Jenna Beckett, ’n familievriend, strooi rose in die see by Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

June Steenkamp het Woensdagoggend op Pollockstrand in Port Elizabeth met rose in haar hand vertel hoe ’n radio-advertensie haar na Reeva laat verlang.

“Reeva was altyd ’n model op die bruidskou en iets so klein soos die bruidskou se advertensie herinner my net weer hoe baie ek steeds na haar verlang,” sê sy.

June en Barry Steenkamp staan Woensdag op Pollockstrand in Port Elizabeth, waar hulle rose ter nagedagtenis aan hul vermoorde dogter, Reeva, in die see gestrooi het.

Dit is nou vyf jaar sedert Reeva dood is. Die lemnaeler Oscar Pistorius het haar in 2013 op Valentynsdag in die vroeë oggendure in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet.

Steenkamp en Barry, Reeva se pa, het saam met Tania Koen, hul prokureur, en Jenna Beckett, ’n familievriend, pienk en wit rose vir Reeva in die see gestrooi.

“Ons doen dit vir Reeva. En op ’n manier glo ek die rose sal hul weg vind na waar haar as nou is,” sê Steenkamp.

“Dit (die hartseer) sal nooit weggaan nie, maar om die rose in die see te strooi bring vir my so ’n bietjie vertroosting.”

Op die vraag hoekom hulle spesifiek Pollockstrand vir die rose-seremonie gekies het, het Steenkamp geantwoord: “Dis oor die dolfyne. Die dolfyne het verlede jaar op Reeva se verjaardag hier verbygeswem.

Die hart in die sand en blomme en vere vir Reeva Steenkamp.

“Reeva het by Tropika-eiland saam met twee dolfyne geswem. Sy het later vir my gesê dít was die beste ervaring wat sy nog in haar lewe gehad het.”

Hulle het met ’n klippie Reeva se naam op die strand geskryf en ’n hartvorm daar om getrek. Toe het hulle blomme en vere by haar naam neergelê.

“Vere is die liefde wat ek en Reeva gedeel het . . . vere is ’n teken.

“Voor haar dood het ons eendag ’n gesprek gehad en vir mekaar gesê dat wanneer een van ons doodgaan, sal ons boodskappe stuur om te sê ons is oukei. Ek het net ná Reeva se dood begin vere kry. En hier het ek vanoggend weer vere op die strand opgetel.”

’n Veermotief is ook op die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting se amptelike hemde aangebring.

Koen verduidelik dat dié stigting deur Steenkamp en Barry op die been gebring is om Reeva se werk voort te sit.

“Hierdie stigting is Reeva se stem. Op die dag van haar dood sou sy by Sandton High (in Johannesburg) ’n praatjie gegee het wat oor die opstaan teen die geweld teen vroue en kinders sou handel. Die stigting sal haar werk voortsit,” sê Koen.

Reeva SteenkampFoto: Argief
Meer oor:  Reeva Steenkamp  |  June Steenkamp  |  Barry Steenkamp  |  Port Elizabeth  |  Moord  |  Rose  |  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.