Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers met kinders herenig ná tragedie op kamp
Die bus met leerlinge het Vrydagoggend by die skool aangekom. Foto: Brümilda Swartbooi

Bekommerde ouers van gr. 8-leerlinge van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg was Vrydag verlig toe hul kinders by die skool aankom nadat ’n maat op ’n oriënteringskamp dood is.

Die seuns moes vanoggend inderhaas terugkeer van die kamp buite Brits in Noordwes nadat Enock Mpianzi (13) vermis geraak het.

Sy lyk is Vrydag omstreeks 11:00 langs die Krokodilrivier gevind en kol. Adele Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig Enoch se ouers het hom uitgeken.

Hy het vermoedelik verdrink nadat ’n vlot in die rivier Woensdagmiddag omgeslaan het.

Bekommerde ouers was verlig om met hul kinders herenig te word.Foto: Brümilda Swartbooi

Sbongile Moloi, wat sedert 07:30 vir haar seun by die skool gewag het, het gesê hoewel sy verlig is om haar kind te sien, sy nie kan help om te dink aan Enock se ouers nie.

“Toe ek hom (Moloi se seun) sien, was ek bly, maar ek voel so sleg vir die ander leerling se ouers. Geen ouer wil ooit so iets oorkom nie. My seun het lewend teruggekom. Ek is dankbaar.”

Van die ouers het van vroeg af gewag op hul kinders se vroeë terugkeer van die oriënteringskamp waar Enoch Mpianzi dood is. Foto: Brümilda Swartbooi

Die skool se woordvoerder, Kim van Es, het Vrydagoggend aan Netwerk24 gesê die skool is deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, verbied om met die media te praat.

Lesufi gaan om 13:00 die media oor die nuutste verwikkelinge inlig.

Intussen het onderrig vir ander grade soos normaal voortgegaan.

Die lyk van Enoch Mpianzi (13) is Vrydagoggend langs die Krokodilrivier gevind. Foto: Felix Dlangamandla

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.