Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers ontevrede oor vergoedingsaanbod

Die families van sewe van die slagoffers van die ontploffing op 3 September by die Rheinmetall Denel-plofstofaanleg verlede jaar het ’n vergoedingsaanbod van R11 000 per maand vir tien jaar aanvaar en vir uitbetalings geteken, maar die ouers van die agtste slagoffer skop vas.

Susan en Mario Tandy: “Ons wil nie liegstories kry nie.” Foto’s: Edrea du Toit

Mario en Susan Tandy se seun, Bradley Tandy (19), het maar drie maande by die fabriek in Macassar buite Somerset-Wes gewerk toe hy daar dood is. Die oorsaak van die ontploffing is steeds onbekend.

Mario sê hy en Susan is albei oor 50 en hulle weet nie hoe lank hulle gaan lewe nie. Daarom dring hulle aan dat Rheinmetall die geld eerder as ’n enkelbedrag aan hulle uitbetaal. Hulle reken hulle behoort so R1,8 miljoen te kry. Hulle win regsadvies in.

Susan sê die families is verlede jaar een vir een ingeroep om die vergoeding te bespreek. “Soos die een kar by die fabriek stop, moet die ander een vertrek. Ons, die families, kon nie met mekaar praat en vir mekaar sê wie het wat gekry nie.”

'Nou kry ons 'n koue skouer.'

Eers sou hulle elk R3 000 kry en toe R5 000. Volgens Susan is die berekening vir die finale aanbod gegrond daarop dat Rheinmetall reken Bradley sou net tien jaar daar gewerk het.

“By my werk dit nie so nie. My kind sou sy hele lewe hier kon werk of dalk op ’n ander plek. Sy lewe is hiér, by Rheinmetall kortgeknip. Net omdat my seun net drie maande gewerk het, beteken nie hy is nie belangrik nie,” sê sy.

Wayne Haydricks, pa van nog ’n slagoffer, Jamie (24), sê die uitbetaling aan die familie is in drie gedeel: hy kry ’n deel, sy eksvrou kry ’n deel en Jamie se vriendin, by wie hy twee kinders het, kry die res. Haydricks het die afgelope Woensdag sy R1 800 ontvang. Sy seun se vriendin kry meer, hoeveel weet hy nie, maar wat hy wel weet, is dat Rheinmetall die families betaal “asof dit vir ongeskiktheid is”.

Wayne Haydricks Foto: Edrea du Toit

Mario Tandy sê die families is nie toegelaat om die slagoffers se gesigte te sien nie. Die pastoor het Bradley op die toneel uitgeken.

Sy vrou sê “die seerste puntjie is: die uitvoerende hoof het gesê hulle sal ons bystaan. Nou kry ons ’n koue skouer”.

“Hulle het gesê die geld wat die families kry is gesponsor deur al die companies. Die families wag steeds vir die uitslag van die ondersoek. Was dit ons kinders se fout of wat? Ons wil nie liegstories kry nie.”

Rheinmetall sê die maatskappy bespreek nie individue se geldsake met die media nie. Daar is drie soorte uitbetalings: vir uitgawes gedurende die routyd en begrafniskoste; ’n betaling wat op 21 Desember verlede jaar gemaak is uit skenkings van Rheinmetall-werknemers hier en oorsee; en maandelikse betalings uit beleggings deur Rheinmetall by Momentum vir langtermynondersteuning.

Die uitslag van ondersoeke deur die polisie en die departement van arbeid word ingewag. Rheinmetall se eie ondersoek is steeds aan die gang.

Meer oor:  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.