Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leukemielyer Mia (7) positief vir Covid-19 getoets

’n Ouerpaar van Kaapstad is platgeslaan nadat leukemie onlangs by hul enigste kind gediagnoseer is.

Nadat kanker op 1 April by haar gediagnoseer is, is Mia Adams (7) van Mitchells Plain ook Donderdag positief vir Covid-19 getoets.

Monique Adams (34), haar ma, sê hulle het aanvanklik gedink sy het ’n ystertekort.

“Sy was bleek en daar was geen kleur in haar lippe nie.”

Mia Adams (7)

Toe hulle die diagnose ontvang, was die gesin stukkend.

“’n Mens wil nie hoor jou enigste kind het iets soos kanker nie,” sê Monique. “Maar wat kan ek doen? Ek het probeer om sterk te wees. Ek het my huil klaar gehuil en die situasie aanvaar.”

Mia kry die afgelope maand en ’n half chemoterapie en ervaar glo nie erge newe-effekte nie.

Leukemie is op 1 April by Mia Adams gediagnoseer.

Nadat Mia Dinsdagaand koors gehad en gehoes het, het haar ouers haar na die Rooikruis-kinderhospitaal geneem.

Hulle het Woensdag ’n Covid-19-toets laat doen en Donderdag gehoor dat Mia die virussiekte het.

“Toe ek hoor my kind het nou boonop Covid-19, het ek seker twee dae aaneen gehuil,” sê Monique. “Kanker en Covid-19? Dit is baie vir een mens om te hanteer, veral iemand wat so jonk is. Ek het nie eens gedink iemand wat so jonk is, kan dit kry nie.”

Mia Adams in die hospitaal.

Mia se pa, Angelo Adams (34), sê hy is nie goed daarmee om oor sy gevoelens te praat nie.

“Die hele gedoente laat my magteloos voel,” sê hy. “Ek kan nie glo my dogtertjie moet deur so iets gaan nie.”

Angelo sê Mia is hul “miracle baby”.

“Die dokters het gesê my vrou kan nie kinders kry nie. En toe kry ons vir Mia. Dat sy nou siek is, is baie erg. Toe sy Covid-19 ook nog kry, het ek net op my knieë neergesak. Ons bid elke dag vir haar,” sê Angelo.

Mia sal in die hospitaal bly totdat die dokters meen dit is veilig dat sy tuis in isolasie gaan.

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Covid-19  |  Kanker  |  3De Vlaag  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.